EntertainmentLifestyle

Môre se Songs of Praise beloof hope pret

Dit begin om 15:00 by die Hervormde Kerk se gebou in Belladonnastraat.

MBOMBELA – Die Laeveldse musiekgemeenskap sien elke jaar uit na die gewilde Songs of Praise onder leiding van die beroemde dirigent, Richard Cock. Op Sondag 25 Augustus word hierdie geleentheid vanjaar weer deur die Hervormde Gemeente Nelspruit aangebied en dit beloof om soos altyd ‘n besondere program met uitstekende musici en kore te wees.

LEES OOK: This year’s Songs of Praise showcases three

Volgens ds. Eksteen Botes is Mbombela een van sowat 10 plekke in die land waar dié geleentheid onder leiding van Cock aangebied word en dit vind reeds die afgelope 19 jaar hier plaas.

Die kerk se Tilana de Wet en ds Eksteen Botes.

Een van Songs of Praise se doelwitte is om ‘n liefde vir musiek by plaaslike musikante te kweek en ontwikkel.

Daarom is dit vanjaar reeds die vyfde keer dat die Laeveldse Gemeenskapsorkes deel vorm van die program. Blootstelling op hierdie verhoog bied vir die orkes ‘n groot geleentheid om deel te wees van ‘n uitgebreide orkes met instrumente wat deur uitstekende musici gespeel word.

LEES OOK: A holy, joyful sound at Songs of Praise

Ander bekwame musikante wat ook deel uitmaak van die dag se feesvieringe is Tobias Kruger op die orrel, Philip Cox en Donny Bouwer op die trompette en Reon van Aardt op die klarinet.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button