Vragmotors in ligte laaie na trompop botsing

Twee bestuurders is kritiek nadat hul vragmotors Dinsdag in 'n kop-aan-kop-botsing betrokke was. Die ongeluk het net voor 07:00 plaasgevind. Ooggetuies het gesien hoe die een vragmotor voor 'n slaggat naby Ackermann Saagmeule se ingang uitgeswaai en beheer verloor het.

“Toe ek op die toneel afkom het dit pas gebeur. Beide die bestuurders van Reinhardt Transport en Jabula Transport kon self uit die wrakke klim, maar hulle was baie ernstig beseer. Veral die bestuurder van die Jabula-vragmotor het ernstige beserings opgedoen. Dit het ‘n tydjie geneem om hom eers op te spoor waar hy in die lang gras gelê het,” het Sheldon Uys van G&G Freight Services gesê.
Ackermann Saagmeule het hul watervragmotor gestuur en saam met Uys kon hulle die brand op die toneel onder beheer bring.
Ander nooddienswerkers het twee ure na die ongeluk steeds die toneel opgeruim om te verhinder dat dit nie ‘n veldbrand veroorsaak nie.
Die Roossenekal-pad is berug vir sy groot slaggate en ongelyke oppervlaktes, en dat dit kwalik onderhou word. Dit is die pad met die swaarste verkeer in die gebied, aangesien dit ‘n direkte roete is na die Limpopo-mynbelt via Sekhukhune en Stoffberg.
Die bestuurders se toestand was steeds kritiek met die ter perse gaan.

Lees ook: Welbekende boer skryf nou leesstof vir kleingoed

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button