Kleurontploffing – skool skud vere reg vir 100-jaar fees

Sowat 600 mense het ingeskryf vir Hoërskool Lydenburg se 2021 Colour Run wat Saterdag plaasgevind het.

Die Colour Run was ‘n gr. 11-projek om fondse in te samel vir die matriekafskeid in September. Weens Covid-19-regulasies was daar drie wegspringtye. Die graadelfs het oor die 3 000 klein verfpakkies gepak vir die deelnemers se geskenksakkies, met kleurpoeier wat hulle skeppie vir skeppie moes ingooi. Claire Klopper, een van die organiseerders, bedank graag namens almal al die sakeondernemings wat waterpunte geborg het en betrokke by die wegspring en eindpunt was. Sy het ook die ouers wat met die kosstalletjies en administrasie gehelp het, asook Ian Breitenbach, die adjunkhoof, bedank vir sy reëlings om dit ‘n suksesvolle dag te maak.

Vir nuwe hoof is onderwys ‘n roeping

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button