Lydenburg se eie Astro-baan kom op dreef
Eersdaags gaan hokkiespelers en hul ondersteuners die fasiliteite van ‘n nuwe Astro-hokkiebaan geniet. Die baan is ‘n gesamentlik projek deur Hoërskool Lydenburg en Laerskool Lydenburg. Die betrokke onderwysers en lede van die onderskeie beheerliggame het op die terrein, wat reeds gesloop is, bymekaargekom om te beraadslag. Die projek is noodgedwonge uitgestel weens die Covid-19-pandemie, maar …
Eersdaags gaan hokkiespelers en hul ondersteuners die fasiliteite van ‘n nuwe Astro-hokkiebaan geniet. Die baan is ‘n gesamentlik projek deur Hoërskool Lydenburg en Laerskool Lydenburg. Die betrokke onderwysers en lede van die onderskeie beheerliggame het op die terrein, wat reeds gesloop is, bymekaargekom om te beraadslag. Die projek is noodgedwonge uitgestel weens die Covid-19-pandemie, maar het reeds in 2019 afgeskop. Dit is egter nou prioriteit om dit te finaliseer. Die eerste been van die projek was R2,4 miljoen. Om die volgende gedeelte te voltooi moet ‘n bykomende R5,7 miljoen ingesamel word. Die Astro-baan sal aan internasionale standaarde vir die ontwikkeling van spelers, hokkietoernooie en ander sportklinieke gemeet kan word. Moontlik kan internasionale spanne ook in Lydenburg kom deelneem, of so droom die organiseerders. Om betrokke te raak as besigheid en borg, skakel Cornelius Lemmer, skoolhoof van Laerskool Lydenburg, Chrismari Aucamp, adjunkhoof van Hoërskool Lydenburg, of projekleier, Lieb Niemand by 082-802-5322.


