VLU Hibiskus-tak woeker voluit
VLU is 'n gemoedelike bymekaarkomplek vir kreatiewe dames

Tydens sy Augustus-takververgadering het die Vroue Landbou-unie (VLU) se Hibiskus-tak ook hul oudste lid, Stella Sephton, se 91ste verjaardag gevier.
Mri Swanepoel, die tak se skakelbeampte, het gesê Sephton is ’n hoeksteen en pilaar vir al die lede.
Lees ook: Kom lag saam legende Lizz Meiring by Innibos
“Ons leer daagliks by haar wyshede, raad en wenke en kan nooit genoeg kry daarvan om met Stella te kuier nie. Sy is ’n baasbakster en ook ‘n bekwame beoordelaar by VLU-kompetisies. Daar is nêrens ‘n meer gemoedeliker bymekaarkomplek as by die VLU nie. Die Hibuskus-tak streef daarna om elke lid te koester. Die maandelikse vergaderings is daarop gemik om elkeen te verryk met die uitruil van idees, resepte en planne. Die gemeenskap se belange is ook ’n teer punt by die VLU en daar word gedurig uitgereik na behoeftes soos wat dit opduik. As jy wil aansluit by die VLU, sal ons jou gou laat tuis voel,” het Swanepoel gesê.
Die tak het ook sy nuwe embleem bekendgestel. Vir meer inligting, skakel Swanepoel by 072 148 6900.


