Stoeiklub pronk met medaljes
Vier stoeiers deur na die SA Stoeikampioenskappe
Op Saterdag 16 September het Lydenburg Stoeiklub se lede weer medaljes by die laaste ouderdomskompetisie van die jaar in Middelburg opgeraap.
Martin Erlank en AJ Frabricius het die Noordvaal-span gehaal. Die twee stoeiers is saam met Henrico de Jager en Rovaun van Zijl deel van die Mpumalanga-span wat vanaf 6 tot 8 Oktober aan die SA Stoeikampioenskappe in Stellenbosch gaan deelneem.
Lees ook: Diens beoog om geliefdes van Covid-verwante sterftes in Lydenburg te ondersteun
Die stoeiers wat deelgeneem en medaljes ontvang het, is AJ Frabricius (o. 9 goud), Chayson de Greave (o. 8 brons), Jad-Dean Wiehann (o. 7 brons), Eben du Plessis (o. 8 brons), Jovan van Zyl (o. 7 silwer), Heinrich Venter (o. 7 brons), Owen Logan (o. 10 brons), Martin Erlank (o. 9 silwer en skole presidente silwer medalje), Henrico de Jager (o. 10 silwer), Darren Labuschagne (o. 13 silwer), Alexander du Plessis (o. 15 silwer) en Dean Wiehann (afrigter).
Die klub bedank Morgan Nissan Lydenburg vir die nuut geborgde toernooiklere.

