Potte, pons en pasta vir NG Kerk Lydenburg-Suid se vroueafsluiting

Die potensiaal om weer heel te word soos 'n pot wat gekraak het, het die vroue inspireer.

Met dié vindingryke tema  het die NG Kerk Lydenburg-Suid se vroueafsluiting op 15 November plaasgevind.

Elke vrou het haar eie kleipotjie van Ponieskrantz in Pelgrimsrus ontvang. Na ’n kitsles in die betekenis van kleure en simbole, kon hulle hul hande vol verf kry om hul potjies te versier.

Die Vrouebedieningskomitee het die simboliese tema gebruik van God wat die Pottebakker is en die mens die klei.

In die Japannese kintsugi￾kuns word die krake in potte met goud gedefinieer. Dit maak van ’n stukkende pot ‘n waardevolle kunswerk.

Lees ook: Griewe teen senior VF Plus-raadslid in Mpumalanga sloer ‘n jaar

Sou die pot breek, kan dit weer heelgemaak word, of die Skepper sal die krake met
simboliese goud herstel. Die pottebakkeryproses
is verduidelik met al die simboliek van vorm en bak tot ’n mooi bruikbare artikel.

So word die vroue daaraan herinner dat daar potentensiaal in haar skoonheid is en dat sy weer “herstel” kan word, selfs al is sy simbolies in skerwe.
Die aand is met heerlike pasta en pons afgesluit.

Annatjie Joubert en Lize Maritz.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button