Markdag in Burgersfort dié plek om te wees

Gesellige kuiers, heerlike kos en kleindorplekkerte is alles op die spyskaart hierdie naweek!

Kerke bemark hul basaars of kermisse deesdae met soveel meer inisiatief om mense buite die gemeente soontoe te lok. Daarom beloof die NG Gemeente Burgersfort se familiemarkdag op 6 Mei om een vir die boeke te wees.

Dit open om 09:00, en die dag kan saam geniet word tot om 15:00.

Sluit by hulle aan vir ‘n heerlike ontbyt, plaasgroente, vars vrugte, potjiekos, boeresport, ‘n witolifantetafel, tuisgebak, wildsvleis en vele meer.

Skakel 082 917 7687 vir verdere inligting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button