NHS se matrieks haal uit en wys!
Spogmotors, deftige aandpakke en kleurvolle rokke was by hierdie matrieks se laaste skooldans te sien.

Die gr. 11-ouerkomitee en Bessie Breytenbach, die organiseerder, het Hoërskool Nelspruit se matriekafskeid Saterdagaand beide spesiaal en onvergeetlik gemaak.
Die matrikulante het in ’n verskeidenheid van spogmotors, van klassiek tot splinternuut, by die skool aangekom.
LEES OOK: Plaaslike sportster wil ander inspireer
Hierdie jaar was kleurvolle rokke die modeneiging.
Na afloop van die aankoms is die leerders met busse na die pragtige Arch and Arrow geneem, waar hulle hartlik verwelkom is. Die wit en swart tema is in klassieke dekor en fyn wit blomme uitgebeeld.
Gedurende die aand het die klas van 2023 lekker saam gekuier en gedans.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!














