Seekoei vrek klaarblyklik weens droogte in Nasionale Krugerwildtuin

Seekoeie is besig om teen ‘n vinnige tempo in die wildtuin te vrek weens die droogte omdat daar nie genoeg gras is vir hulle om te vreet nie. Kenners het voorspel dat die getalle van nagenoeg 8 000 na sowat 2 000 sal afneem. Hierdie video is onlnags langs die Nwatimhiripad so 15km weg van die Sibierivier, waarvandaan hierdie koei waarskynlik kom, geneem. Richard Prinsloo het dit aan Laevelder gestuur. Die koei is duidelik op haar laaste, en ten spyte van onlangse reën is daar ongelukkig steeds nie genoeg gras nie. Inteendeel, daar is geen tot min gras langs die betrokke rivier, so seekoeivrektes word tot Oktober 2016 verwag.

Back to top button