Video: Dis Makietie tyd Kwêla is hier!
Die KykNET Kwêla Dorp van die Jaar span het Vrydag 25 September op Middelburg, die 2015 wendorp toegesak.
En die kameras het gerol, rol rol! Sokkerballe, skopfietsies, hondekos en ander geskenkies is uitgedeel by onder meer die Care Village, Bambanani en die DBV. Die Partytjie-bus het laastens by die Middelburg Buiteklub aangeland vir ‘n welverdiende middagete, waartydens die golf vernuf tydens die Shanduka Golfdag van die stoep af, gade geslaan is.
Om 16:00 het die kameraspanne by Kees Taljaard aangekom waar honderde mense reeds saamgedrom het vir die makietie, wat reeds beloof om die partytjie van die jaar te wees! Wel gedaan Middelburg! n Wen welverdiend.
Video: Frewin’s got that voting for Middelburg fever!
Video: Middelburg Kwêla dorp van die jaar!
Vote, Vote, Vote for Middelburg town of the year!
Video: Optog deur dorp van die jaar!
AUTHOR

