News

Filmster verstom oor dorp se saamstaan

'n Rukwind wat net so skielik verdwyn, soos wat hy opgesteek het, het Donderdag kort na 17:00 pandemonium by die Kees Taljaard stadion veroorsaak waar hordes mense besig was om die reuse markiestent vir die kykNET Kwêla makietie, op te slaan.

Headline Entertainment wat die tent uit Polokwane laat kom het, het dadelik ‘n ander tent probeer reël maar kon op dié stadium van die dag nêrens regkom nie.

Mnr. Victor Henning, van Judea Smartcover, het dadelik gereageer en ongeveer ‘n kwart van die tent met behulp van radiogroeplede na sy werkswinkel geneem vir herstelwerk waar dit geskeur het.

Mnr. Henning sê hy het meer as sewe ure met die tentpaneel gespook, en kon die herstelde flap eers na 01:00 weer aflewer.

Focus Pumps & Engineering, het terwyl mnr. Henning die een paneel herstel het, ook met hulle plastiekswysmasjiene ingespring om die tent weer aan mekaar te sit.

Maar mnr. Henning en Focus, was nie al persone wat op die noodroep vir hulp gereageer het nie, en bykans alle plaaslike GPF lede, tesame met hordes radiogroepmanne, het by die stadion saamgekom om die tent weer staande te kry.

kykNET Kwêla se Therese Benadie het dié foto van die reuse 40 x 60 meter tent geneem nadat dit Donderdag omgewaai het.
kykNET Kwêla se Therese Benadie het dié foto van die reuse 40 x 60 meter tent geneem nadat dit Donderdag omgewaai het.

HR City se Ben van der Merwe, wat ook gaan help het, sê mense het soos een man ingespring om die tent weer op te kry.

Die tent was teen 04:00 die volgende oggend weer regop.

kykNET Kwêla aanbieder, me. Therese Benade, sê sy verstaan nou hoekom Middelburg die Dorp van die Jaar titel gewen het.

“Ek was verstom, binne minute nadat die tent gekantel het, was die veld oortrek met mense wat opgedaag het te help opslaan,” het sy Vrydag tydens die verfilming van insetsels aan die Observer gesê.

Naas die skeur aan die tentflappe, het die houthuisie langs die veld ook skade nadat die kykNET opblaasstoel, reg oor die veld gewaai, en die huis bykans ‘n meter van sy fondasie af geskuif het.

Die huisie se dak is ook deur die stoel beskadig.

GPF en radiogroeplede, het geen moeite ontsien om die makietie tent weer staande te kry nie.
GPF en radiogroeplede, het geen moeite ontsien om die makietie tent weer staande te kry nie.

Die stoel self, wat volgens Therese ongeveer 200kg weeg as hy opgeblaas is, is lelik geskeur toe dit teen die huisie vasgewaai het, en kon nie gebruik word nie.

“Ek was besig in die tent en het net vir ‘n sekonde uitgeglip toe dit kantel, ek het net mense in alle rigtings sien hardloop,” sê Therese.

“Middelburg het die ongelooflikste mense wat ek al teëgekom het, ons was regtig oorbluf dat daar soveel mense opgedaag het om te help, mens kry dit nie meer nie,” sê sy.

Naas die konsternasie van die wind, het niks verder skeefgeloop nie, en was die makietie beslis die partytjie van die jaar, seg radioman Robbie Cruz Vrydagaand – “Jislaaik maar is dié nou vir jou ‘n lekker partytjie!”.

Ons weet Robbie, daar’s nie ‘n dorp wat by Middelburg kom met handevat nie.

Video: Dis Makietie ty Kwêla is hier

Video: Frewin’s got that voting for Middelburg fever!

Video: Middelburg Kwêla dorp van die jaar!

Vote, Vote, Vote for Middelburg town of the year!

Video: Dorp Kwêla toe

Optog deur dorp

Video: Optog deur dorp van die jaar!

Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Check Also
Close
Back to top button