Gemeenskap hoop nog om Mielie te vind
Daar is nog vele mense wat hoop dat die Australiaanse beeshond, wat al vir tien dae weg is, nog opgespoor kan word.
Kevin Ruthven het bevestig dat verskeie groepe van die draf-, stap- en dierebeskerming gemeenskappe in die proses is om ’n soekgeselskap by mekaar te kry, om vir Mielie te vind.
Lees ook: Hartroerende soektog na hond – ‘Sonder Mielie is Brood net Brood’
Mielie het verlede week Maandag om 15:00 op die Slaghoekplaas langs die Olifantsrivier weg geraak.
Kevin se desperate noodkreet om sy vierpootkind op te spoor het harte só aangegryp dat daar al met hommeltuie, spoorsnyhonde en selfs ’n helikopter na hom gesoek is.

Lees ook: Mielie roer hartsnare, hommeltuie op pad om te help soek
Daar is egter nog geen teken van Mielie nie, en die Clarice K9 Unit van Gauteng sal weer Saterdag, met hulle spoorsnyhond, Nicklaus, terugkeer na die plaas om te kyk of daar aan Slaghoek se kant van die rivier dalk ’n spoor is.
Kevin vertel dat ’n vrou ook aangebied het om namens hom ’n BackABuddy profiel te stig, sodat hy geld kan insamel vir ’n termiese hommeltuig.
Lees ook: K9’s vind nie Mielie nie
Lees ook: Boodskappe uit Amerika en Turkye vir Mielie
Lees ook: Geen spoor van Mielie nie
