Buiteklub lewer puik gholf op Erfenisdag
Die Buiteklub se gholfbaan was verlede week weer baie bedrywig. Op Woensdag 23 September het die klub ‘n Bonus Bogey-kompetisie aangebied en was die wenners soos volg: 1e – Hugo van Zyl met +52e – Chris Cronje met +43e – Gertie Gerber met +3. Die hoogtepunt van die week was die klub se fondsinsamelingsdag wat …
Die Buiteklub se gholfbaan was verlede week weer baie bedrywig. Op Woensdag 23 September het die klub ‘n Bonus Bogey-kompetisie aangebied en was die wenners soos volg:
1e – Hugo van Zyl met +52e – Chris Cronje met +43e – Gertie Gerber met +3.
Die hoogtepunt van die week was die klub se fondsinsamelingsdag wat op Erfenisdag 24 September, aangebied is. Die klubbestuurder en personeel het fondse ingesamel vir nuwe meublement onder die grasdaklapa by die klub.
Die dag was ‘n groot sukses en Maryke Benade, klubbestuurder, bedank al die borge wat bygedra het om die dag ‘n sukses te maak. Die kompetisie was ‘n IPS formaat en die wenners was:1e – Fanie Laubscher met 44 punte 2e – Burt Geyser met 41 punte 3e – Johan Eloff met 41 punte Op Vrydag 25 September het die klub sy gebruiklike nege putjie vleiskompetisie aangebied.
Die kompetisie is gewen deur Hennie Kruger met 21 punte.Op Saterdag 26 September is die IPS kompetisie gehou, geborg deur Ocean Basket en Steakhouse. Die wenners was:1e – Jan Greyling met 40 punte 2e – Rob Nicholas met 40 punte3e – Hennie Kruger met 38 punte