Entertainment

Katvoet wys vinger na vrot samelewing

Katvoet is die Afrikaanse verwerking van Tennessee Williams se Pulitzer-prys drama, Cat on a hot tin roof.

Katvoet is die verwerking van Tennessee Williams se klassieke Pulitzer-prys drama, Cat on a hot tin roof. Nico Scheepers het die toneelstuk verwerk om dit in ‘n Suid-Afrikaanse konteks te plaas.

Die Mouton-gesin hou ‘n familiebyeenkoms op ‘n bosveldplaas in die Limpopo om die skatryk patriarg Piet Mouton (Marius Weyers) se 65ste verjaarsdag te vier. Hy het pas gehoor dat hy nie maagkanker het nie, daarom is sy verjaarsdagviering ekstra spesiaal.

‘n Mens kom egter gou agter dat daar ‘n gespanne atmosfeer onder almal heers – almal loop katvoet. Hulle is baie versigtig om die spoke waarmee hulle onderlangs worstel, weg te steek.

Die jongste Mouton-seun, Boela drink homself in ‘n koma omdat hy nie die dood van sy vriend kan verwerk nie en sy pragtige vrou, Maggie word deur hom verwerp. Omdat Boela die patriarg se gunsteling is, is die oudste broer en sy gesin baie angstig oor hulle erfporsie. Hulle gaan uit hul pad om die perfekte gesin voor te stel. Daar is ook baie spanning tussen Piet en sy vrou, Moeksie wat voorgee haar man is lief vir haar.

Katvoet lewer kommentaar op die samelewing se skynheiligheid. Mense wat vasgevang is in hulle omstandighede en voorgee alles is reg – mans wat vroue emosioneel afbreek en vroue wat voorgee daar is niks daarmee verkeerd nie; mense wat voorlangs vriendelik is, maar nie ‘n goeie woord vir ander het nie. Dit lewer kommentaar op mag wat in geld gesetel is en mense wat hulle siel vir geld sal verkoop. Dit wys vinger na ons samelewing wat inherent vrot is, wat vloek en skel en ander niks gun nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button