Bert’s Pub & Grill vier 25 jaar se goeie tye in Potchefstroom
Bert’s Pub & Grill vier op 2 Julie hul 25ste bestaansjaar deur ‘n 80’s partytjie met ‘n spitbraai op hul perseel te hou
Bert’s Pub & Grill vier op 2 Julie hul 25ste bestaansjaar deur ‘n 80’s partytjie met ‘n spitbraai op hul perseel te hou. Aangesien Bert’s Pub al vir 25 jaar sorg dat Potchefstromers goeie tye beleef, is elke lid van die publiek welkom om saam te kom partytjie hou. Bert’s Pub is gebore toe Bert Otto ‘n sjinese restaurant, Karomu, in Potchefstroom oorgekoop het en dit in 1991 in ‘n sportkroeg en restaurant omskep het.
“Ek het nog altyd van sjinese kos gehou,” sê Bert, wat eers die sjinese restaurant vir sowat twee jaar bedryf het, voor hy besluit het dat dit tyd is vir verandering. Hy sê alhoewel hy nie sjinese kos by Bert’s Pub bedien nie, kan hy nog steeds ‘n resep of twee onthou.
Bert is sy lewe lank nog in die hotelbestuur bedryf, maar dit het alles begin toe hy in 1960 die algemene bestuurder van die Bloutrein was.
Hy het selfs in die hotelbedryf in Engeland en die Britse Eilande gewerk, het vir vier jaar in Rhodesië (Zimbabwe) gewerk, en was vir 20 jaar verbonde aan die Picardi Hotelgroep.
Bert leef daarvoor om ander te bedien en doen steeds die spyseniering by troues, studentefunksies, rampartytjies en henne partytjies. Studente kuier ook gereeld by Bert’s Pub.
“Ek het nou al Patria eerstejaars hier gehad oor die afgelope 20 jaar,” sê hy.
Bert’s Pub is ook baie bekend vir hulle uitstaande poeltafels en daar word gereeld kompetisies gespeel. Hulle A-1 en A2-spanne doen baie goed en die trofeë pronk in die glaskas om daarvan bewys te lewer.
Kom geniet ‘n heerlike drankie of ‘n lekker bord kos by Potchefstroom se gunsteling sportkroeg en word deel van hierdie gesellige familie.
Ontbyt word bedien van 09:00 tot 11:00 en verder is daar ‘n spyskaart propvol lekker disse wat tot 21:00 geniet kan word. Moet nie Bert’s Pub se 25ste 80’s partytjie misloop nie. Dit vind plaas by Walter Sisululaan 223 vanaf 11:00 tot laat.



