Luiperds moet nou aan ander steun
Daar is nou nog net een span oor wat die Griekwas se opmars na die Premierliga van die Curriebeker kan stuit en die span, die SWD Arende, moet dit in Kimberley gaan doen. Die Luiperds het Boland Saterdag op Olënpark met 61-17 van die veld af gespeel met veral die twee agterlyn Smit(h)e wat uitgeblink …
Daar is nou nog net een span oor wat die Griekwas se opmars na die Premierliga van die Curriebeker kan stuit en die span, die SWD Arende, moet dit in Kimberley gaan doen. Die Luiperds het Boland Saterdag op Olënpark met 61-17 van die veld af gespeel met veral die twee agterlyn Smit(h)e wat uitgeblink het: heelagter Rhyno met drie drieë en skrumskakel Dillon met twee drieë. Meel Engelbrecht is nou die voorste puntemaker in die reeks na hy Saterdag met agt doelskoppe geslaag het. Die skommeling onder losvoorspelers het gewerk met Juan Language wat in ‘n baie bruikbare sesflank kan ontwikkel. Marno Redelinghuys kan met bietjie raad ook ‘n kookwater agtsteman word.Ten spyte van die groot oorwinning, is die Luiperds steeds sewe punte agter Griekwas as daar na punteverskil gekyk word. Daarom moet die wedstryd die naweek teen Grens weer behoorlik gewen word, om die deur oop te hou sou SWD dalk die bomenslike vermag en Griekwas van ‘n bonuspunt weghou. Gebeur dit, is die Luiperds en Griekwas gelyk en sal die punteverskil die deurslag gee.



