SportSport

Potch Buiteklub wen Noordwes Liga sesde keer in ‘n ry

Die afgelope naweek het Potchefstroom Buiteklub gasheer gespeel vir die Noordelike Provinsies se Gross Liga finaal en weer as wenners uit die stryd getree. Die wedstryd is deur Noordwes Gholfunie aangebied. Potchefstroom Buiteklub het die Noordwes Liga die jaar vir die sesde keer in ‘n ry gewen en het die provinsie tydens die kompetisie verteenwoordig. …

Die afgelope naweek het Potchefstroom Buiteklub gasheer gespeel vir die Noordelike Provinsies se Gross Liga finaal en weer as wenners uit die stryd getree.

Die wedstryd is deur Noordwes Gholfunie aangebied. Potchefstroom Buiteklub het die Noordwes Liga die jaar vir die sesde keer in ‘n ry gewen en het die provinsie tydens die kompetisie verteenwoordig.

In vorige jare wat Potchefstroom aan die Noordelike Provinsies se Gross Liga finale deelgeneem het, kon hulle slegs in 2013 die liga wen.Vyf spanne het vanaf Saterdag tot Sondag deelgeneem.

Gauteng Noord is deur Wingate Park Gholfklub verteenwoordig, Randpark Gholfklub het Sentraal Gauteng verteenwoordig, Ekurhuleni is deur Serengeti Gholfklub verteenwoordig, Ermelo Gholfklub het Mpumalanga verteenwoordig en die Potchefstroom Buiteklub was die Noordwes verteenwoordigers.Saterdag het Potchefstroom eers met Wingate 5 wedstryde teenoor 3 gewen en in die middag met Randpark afgereken met dieselfde telling.

Sondag was dit Serengeti en Ermelo wat hulle teen Potchefstroom vasgeloop het. Die tellings was 5 wedstryde teen 3 en sewe wedstryde teenoor een onderskeidelik. Potchefstroom was die enigste onoorwonne span die naweek.

Die finale stand van spanne was soos volg:

1ste – Potchefstroom Buiteklub met 8 punte

2de – Randpark Gholfklub met 6 punte

3de – Wingate Park Gholfklub met 3 punte

4de – Serengeti Gholfklub met 2 punte

5de – Ermelo Gholfklub met 1 punt.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button