Volkie nou ‘n dubbel bergfietsrykampioen
Pieter du Toit, ‘n leerder van Hoërskool Volkskool, het weer die afgelope naweek stof en klippe in die ander ryers se oë getrap, deur nog ‘n SA bergfiets-titel vir sy trofeekas in te samel. Pieter is nou SA kampioen in die jeugafdeling in XCO (Cross Country) en ook in die half marathon. Dit is ‘n …
Pieter du Toit, ‘n leerder van Hoërskool Volkskool, het weer die afgelope naweek stof en klippe in die ander ryers se oë getrap, deur nog ‘n SA bergfiets-titel vir sy trofeekas in te samel.
Pieter is nou SA kampioen in die jeugafdeling in XCO (Cross Country) en ook in die half marathon.
Dit is ‘n merkwaardige prestasie om twee SA titels in een jaar te verower. Die jong man is nou sterk op pad om ‘n naam vir homself in fietsrykringe te maak. Die kranige bergfietsryer het aan die SA XCO in Stellenbosch deelgeneem en met ‘n tyd van 1.07.25 oor vier rondes gewen. Johan Trotzky was 2de met ‘n tyd van 1.10.11 en Chris du Plessis 3de met ‘n tyd van 1.10.41. Pieter bedank sy Hemelse Vader vir sy talent wat hy gekry het en ook sy afrigter Frans van den Berg wat hul span, die Turbo Snails, ondersteun en met die regte tegniek en intensiteit afrig. “Sonder oom Frans en my pa sou ek dit nie reggekry het nie. Dankie ook aan Kargo Pro Team,” het Pieter bygevoeg.



