SportSport

Volkies se o.15’s wil Beeldtrofee vir hul Skepper wen

Verpletter staan Hoërskool Volkskool se o.14’s op die rugbyveld na nog ’n loesing verlede jaar. Hulle is heel onder aan die punteleer en daar heers ongelukkigheid met sommige wat glo dat die gesiene veteraan afrigtingspaar van Christo van Heerden en Daan Seymour se tyd verby is. Vandag is dieselfde span seuns een wen van ’n …

Verpletter staan Hoërskool Volkskool se o.14’s op die rugbyveld na nog ’n loesing verlede jaar.

Hulle is heel onder aan die punteleer en daar heers ongelukkigheid met sommige wat glo dat die gesiene veteraan afrigtingspaar van Christo van Heerden en Daan Seymour se tyd verby is.

Vandag is dieselfde span seuns een wen van ’n Beeldtrofee-sukses af en mik nou met alles in hulle hart en siel om die beker Volkskool s’n te maak. ’n Totale ommekeer het plaasgevind met die span wat soos Lazarus uit die dood ontwaak het.

Die o.15’s het ’n punt om te bewys dat hulle nie tou opgooi nie en dat hulle tot alles in staat is deur die Groot Afrigter in die hemel se wil en krag wat Hy voorsien.

Die jong manne se standvastige geloof, liefde vir die spel en ’n merkwaardige broederskap in die groep is wat hulle so ver in die kompetisie gebring het, glo Seymour opreg.

“’n Mens kan dit in hulle oë sien. Daar straal ’n passie en opgewondenheid uit. Hulle is gereed vir Saterdag se wedstryd teen Helpmekaar,” vertel Seymour opgewonde.

In die halfeindronde verlede naweek het Volkskool die rol van Dawid vertolk toe hy Goliat, oftewel Hoërskool Linden, met 17-10 verslaan het. Dit nadat Volkskool met 10-0 agter was en Linden op hulle eie tuisgrond ’n les in deursettingsvermoë gegee het.

“Aanhouer wen en dit is presies wat ons ouens gewys het. Ons fiksheid en wedstrydvoorbereiding was deurslaggewend,” het Van Heerden genoem.

Hierdie seisoen het Volkies ook teruggegaan met beide van Heerden (agterlyn) en Seymour (voorspelers) wat aan fasette gewerk het om hanteringsvaardighede op te skerp en geleenthede op die rugbyveld raak te sien.

Al wat nou kort is die trofee in dié broederskap se hande.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button