SportSport

Noordwes kan dié naweek met skolebergfietskroon wegry

Alle bergfietspaaie lei na Hoërskool Bekker vir Potchefstroom se belowende ryers, waar hulle in die Spur Bergfietsreeks-finaal alles gaan gee vir hul skool en provinsie om as nasionale kampioene uit die stryd te tree. Hoër Volkskool Potchefstroom en Potchefstroom Gimnasium is die twee voorbokke in hierdie stryd, met Volkskool wat tot dusver beter vaar met …

Alle bergfietspaaie lei na Hoërskool Bekker vir Potchefstroom se belowende ryers, waar hulle in die Spur Bergfietsreeks-finaal alles gaan gee vir hul skool en provinsie om as nasionale kampioene uit die stryd te tree.

Hoër Volkskool Potchefstroom en Potchefstroom Gimnasium is die twee voorbokke in hierdie stryd, met Volkskool wat tot dusver beter vaar met ’n onoorwonne vertoning in die Noordwesliga, waar hulle die kompetisie pap gery het.

“Ons fietsryers is gereed vir hierdie naweek. Ons glo sterk dat Volkies die titel kan terugbring en dat Noordwes vir ‘n slag vir Gauteng kan klop,” meen Karen van der Berg, een van die organiseerders van Volkskool se fietsryspan.

Volkies is in die eerste plek met 303 punte, gevolg deur Hoërskool Hartebeespoort met 297 en Potchefstroom Gimnasium met 258 punte in die Noordwesliga. Skole gaan Saterdag die geleentheid kry om in hierdie galawedren as die beste dogters-, seuns- of gemengde span uit die stryd te tree.

Sondag gaan die bergfietsryers hulle provinsie verteenwoordig om te kyk waar die beste jong talent in Suid-Afrika lê. Die formaat behels ‘n XCO (Cross Country Olympics) baan waar daar ‘n sekere aantal rondtes voltooi word.

Die baan is gewoonlik vinnig met ‘n klompie tegniese dele om die jongklomp te toets. Die junior seuns en dogterskampioene, Brandon van der Berg (Volkskool) en Nicolene Marais (Rustenburg) is as Noordwes se spankapteine aangewys. Die Noordwesspan is hierdie jaar baie sterk met groot name soos Pieter du Toit (XCO kampioen) wat sy stempel graag teen die ander provinsies sal wil afdruk.

Du Toit is juis ook as reekswenner gekroon en is een van die groot redes vir Volkies se voorsprong tot dusver. Andrea de Waal van Potchefstroom Girls High is ook as sub-juniorwenner bekroon en gaan ’n belangrike rol vir die Noordwesspan speel hierdie naweek. 16 skole in Noordwes het vanjaar deelgeneem aan die Spur Skolereeks, maar slegs vier skole gaan hulle staal wys as deel van die Noordwesspan.

Noordwes het verlede jaar ‘n tweede plek behaal en gaan hierdie jaar voluit gaan om die beker huis toe te bring. Gauteng oorheers die afgelope jaar, maar in hierdie sport kan enige iets gebeur. Die 10 beste uitslae gaan die wenner bepaal. Deon Steyn, Gauteng en Noordwes se skoleliga koördineeder, noem ook dat hierdie liga van krag tot krag gaan en baie uitgebrei het die afgelope paar jaar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button