SportSport

Volkskool beleef rugbybloeitydperk in seweskode

Volkies se sewesspan het vanjaar aan ses toernooie deelgeneem.Uit daardie ses het hulle in drie Beker-finale gespeel en een gewen; twee keer in Plaat-finale gespeel en een gewen en een keer die Bowl gewen. Volkies eindig tweede in Noordwes na hulle teen Lichtenburg in die Noordwes-finaal verloor het.Volkies was genooi om in die Kruger Nasionale …

Volkies se sewesspan het vanjaar aan ses toernooie deelgeneem.Uit daardie ses het hulle in drie Beker-finale gespeel en een gewen; twee keer in Plaat-finale gespeel en een gewen en een keer die Bowl gewen.

Volkies eindig tweede in Noordwes na hulle teen Lichtenburg in die Noordwes-finaal verloor het.Volkies was genooi om in die Kruger Nasionale Park aan die “Save The Rhino” toernooi te gaan deelneem. Daar was 16 spanne wat uit, onder meer die volgende groot skole bestaan het: Hoërskool Merensky, Middelburg Hoër, Hoërskool Nelspruit, Hoërskool Rustenburg en Hoërskool Die Anker.

Volkies kom tweede na ‘n moeilike stryd teen Nelspruit in die finaal.Volkies se kaptein Jandré Steyn (4 agter) word ook verkies as die o.17 Luiperd 7’s kaptein. Na ‘n vriendskapsvorming tussen Volkies en Hoërskool Merensky, is Volkies ook genomineer om ‘n “Save The Rhino” toernooi aan te bied wat as kwalifiserende toernooi dien vir die groot toernooi in die Kruger Nasionale Park.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button