Potchefstroomse lewensredders gaan SA oorsee verteenwoordig
Twee Potchefstroomse dames is gekeur om Suid-Afrika te verteenwoordig in Nederland en Duitsland by die jaarlikse Internasionale Lewensreddingsgala. Annien Müller (16) van Potchefstroom Gimnasium is gekies vir die President-span en Samantha Blaauw (20), ‘n student aan die NWU, vir die die Protea-span. Annien en Samantha gaan aan die Orange Cup deelneem in Eindhoven, Nederland vanaf …
Twee Potchefstroomse dames is gekeur om Suid-Afrika te verteenwoordig in Nederland en Duitsland by die jaarlikse Internasionale Lewensreddingsgala.
Annien Müller (16) van Potchefstroom Gimnasium is gekies vir die President-span en Samantha Blaauw (20), ‘n student aan die NWU, vir die die Protea-span. Annien en Samantha gaan aan die Orange Cup deelneem in Eindhoven, Nederland vanaf 13 – 15 November en Samantha gaan verder ook aan die German Cup deelneem in Duitsland vanaf 17 – 21 November.
Albei is lede van die Harties Reflections Lewensreddingsklub en as swemmers deel van die NWU Swemklub. Hulle word in Potchefstroom afgerig en voorberei onder die wakende oog van Marike van Oort. Meer inligting vir enige belangstellendes in lewensredding as sport is beskikbaar op die Facebookblad: Lifesaving South Africa.



