Volkies buig knie teen Waterkloof in Noordvaalfinaal
Volkskool Potchefstroom se o.15 A krieketspan het ten spyte van ’n ongelooflike seisoen, het verlede Saterdag op die verloorkant in die Noordvaalfinaal op Senwespark geëindig. Soos ’n waterval het Waterkloof se o.15 span gedurig die druk op Volkies gehou om te verseker dat hulle nooit hulle greep op die titel verloor nie. Sodoende het hulle …

Volkskool Potchefstroom se o.15 A krieketspan het ten spyte van ’n ongelooflike seisoen, het verlede Saterdag op die verloorkant in die Noordvaalfinaal op Senwespark geëindig.
Soos ’n waterval het Waterkloof se o.15 span gedurig die druk op Volkies gehou om te verseker dat hulle nooit hulle greep op die titel verloor nie. Sodoende het hulle in ’n opwindende wedstryd met vyf paaltjies geseëvier. Die teleurstelling was groot op die Volkieseuns en ondersteunende ouers se gesigte, maar ongelukkig kon daar net een wenner wees.
Volkies het eerste gekolf met Martin Fourie en André Taljaard wat ’n stewige 74 lopievennootskap gemaak het. Taljaard het ’n vinnige 64 geslaan, terwyl Fourie weer ’n vyftigtal hierdie seisoen aangeteken het met ’n bestendige 60.
Met die telling op 172/3 na 30 boulbeurte het dinge goed vir Volkies gelyk om na ’n groot telling in die rigting van 300 lopies te kyk.
Waterkloof se Polla Melamed (2/34) en Marco Boonstra (4/45) het wel ander planne gehad en met akkurate boulwerk en swak houkeuses van Volkies het hulle die laaste paar paaltjies vinnig opgeraap. Na die Taljaard/Fourie vennootskap verbreek is, het Volkies hulle laaste 7 paaltjies vir slegs 60 lopies verloor.
Die telling het op 232 almal uit, geëindig.
Hierdie kolfineenstorting het aan die einde Vollkies se doppie geklink aangesien Waterkloof sonder baie moeite deurgaans goeie vennootskappe kon maak in hulle kolfbeurt.
Die het wel nog gelyk of Volkies ’n kans het toe die indrukwekkende Jannie Claassens vroeg van Ridhaa Jacobs vir 0 ontslae geraak het. Waterkloof se Albert Wells en Ludwig Kaestner het toe ’n goeie 65 vir die tweede paaltjie aangeteken, voor die draaier, André “Taliban” Taljaard die tweede paaltjie geneem het. Dit was ook toe gou 87/3 toe Lucian Coakley met sy eerste bal vir Albert Wells (42) met ’n uitstekende vangskoot van sy eie boulwerk verwyder.
Elrich van der Spuy en Wikus Lindeque se vyftigtalle het toe die wedstryd van Volkies af finaal weggevat. Van der Spuy is vir 55 uit met Jaco Viljoen wat sy paaltjie geneem het. Lindque het wel saam met Jaundre Jooste die wenteiken behaal met eersgenoemde wat op ’n onoorwonne 65 geëindig het.



