SportSport

Potch Buiteklub se senior gemengde wenners paar gaan nou nasionaal deelneem

KOSH-spanne het met die titels weggestap in die Noordwes Rolbal Driespelkampioenskap wat die naweek plaasgevind het. Die kampioenskap is op die nippertjie na die Potchefstroom Buiteklub verskuif, na kabeldiefstal by die Strahvaalklub. In die mansafdeling het Strathvaal in die halfeind afgereken met Klerksdorp en toe in die eindstryd gespeel teen nog ‘n Klerksdorpspan: Josh Radebe, …

KOSH-spanne het met die titels weggestap in die Noordwes Rolbal Driespelkampioenskap wat die naweek plaasgevind het.

Die kampioenskap is op die nippertjie na die Potchefstroom Buiteklub verskuif, na kabeldiefstal by die Strahvaalklub.

In die mansafdeling het Strathvaal in die halfeind afgereken met Klerksdorp en toe in die eindstryd gespeel teen nog ‘n Klerksdorpspan: Josh Radebe, Anton Grobler en Johan Schmidt. Die Klerksdorpspan het die gedugte Potchefstroom Dorp span van Pikkie Abbott, Piet Breitenbach en Jean du Plessis in ‘n riller van ‘n wedstryd geklop.

Strathvaal se Ferdi Jansen, Henk Heymel en André Meyer het die aanslag van Klerksdorp in die eindstryd afgeweer en met die titel weggestap.

In die vroueafdeling het Strathvaal se Helen Jansen, Jackie Evans en Marissa Knuppe die Parysspan van Marie Uys in die halfeind uitgeskakel. In die ander halfeind het die Orkneyspan van Burnadine Muller, Adelaine Earle en Suzette Linden afgereken met  nog ‘n Parysspan, die een van Tracy Jacobs. Orkney was in die finaal net te sterk vir Strathvaal en wen die titel. Die bestuur van Noordwes Rolbal was baie tevrede met die kwaliteit van die spel.

Die stad is darem nie heeltemal titelloos nie. Die Buiteklub se Oeloff  Visser en Jackie Scheepers het verlede week die Noordwes seniors gemengde pare gewen. Hulle gaan  aan die nasionale seniors gemengde pare deelneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button