SportSport

Oud polisieman ook rugbyafrigter by Potch Dorp

Dit is ‘n groot prestasie dat Potch Dorp hulle 125ste gedenkjaar in 2015 kan vier. In hierdie eeu-en-‘n-kwart was daar ‘n klomp rolspelers wat hulle impak op dié rugbyklub gemaak het. Daar is baie staaltjies wat al vertel is en legendes waaroor uitgebrei is. Tog is daar stories wat nog nie vertel is nie. Soos …

Dit is ‘n groot prestasie dat Potch Dorp hulle 125ste gedenkjaar in 2015 kan vier. In hierdie eeu-en-‘n-kwart was daar ‘n klomp rolspelers wat hulle impak op dié rugbyklub gemaak het. Daar is baie staaltjies wat al vertel is en legendes waaroor uitgebrei is.

Tog is daar stories wat nog nie vertel is nie.

Soos die keer toe Dries Minnie (87), ‘n afgetrede brigadier in die polisie, die span moes bestuur en afrig vir ‘n tydjie in ‘n transformasiefase.

“Ek het nog altyd ‘n groot passie vir rugby gehad. Ek het betrokke geraak in 1960 by Vaal Reefs,” vertel Minnie.

“Ek het ook begin help met afrigting, vroeërjare by Goldfields in Carletonville,” sê hy.

Dit is veral in die laat 60’s en vroeë 70’s wat Minnie baie van sy tyd by die klub se eerstespan deurgebring het.

Volgens Minnie was Sam Lloyd, Sias Willemse en Sakkie Raath groot name by Potch Dorp.

“Daardie tyd was Hennie de Wit, afgetrede apteker, die voorsitter van die klub.

Minnie se betrokkenheid by Potch Dorp sluit veral een groot oomblik in toe hy as woordvoerder moes optree om ‘n dispuut wat die klubspelers sou skors, moes oplos.

“Ek het gehelp om die skorsing by die Wes-Transvaal Rugbyunie op te hef omdat hulle ‘n belangrike wedstryd nie gespeel het nie.”

Potch Dorp het ook nie vir ‘n tydperk in die sewentigs ‘n afrigter gehad nie en ek moes uithelp – iets wat ek baie geniet het.

Ons rugbyvelde was nog by die Trimpark gewees,” onthou hy.

Minnie moes ook aanskou hoe al drie die rugbyvelde weens rivierwater oorspoel het.

Die veld is toe geskuif na die B-veld van Olënpark waar dit tans  is.

“My laaste kontak met Dorp Rugbyklub was in 1988 toe ek ‘n spesiale baadjie en das ontvang het vir my bydrae tot die klub. Dit was lekker dae gewees,” noem Minnie.

*Enige voormalige Potch Dorp spelers, afrigters of bestuur kan gerus met Jan Prinsloo in verbinding tree by thuso17@gmail.com of (018) 294 3365/6.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button