SportSport

Gimmies se Eerstespan behaal 100% rekord op Cornwall Hill College toer

Potchefstroom Gimnasium se eerste krieketspan het die afgelope vakansie skouer aan die wiel gesit en ‘n belowende toer na Cornwall Hill College in Pretoria voltooi. Die manne het al drie hulle wedstryde teen Hoërskool Nelspruit, Hoërskool Eldoraigne en Parktown Boys High gewen. Die wedstryde het vanaf 8 tot 12 Januarie plaasgevind. Dag een: Wedstryd teen …

Potchefstroom Gimnasium se eerste krieketspan het die afgelope vakansie skouer aan die wiel gesit en ‘n belowende toer na Cornwall Hill College in Pretoria voltooi. Die manne het al drie hulle wedstryde teen Hoërskool Nelspruit, Hoërskool Eldoraigne en Parktown Boys High gewen. Die wedstryde het vanaf 8 tot 12 Januarie plaasgevind.

Dag een:

Wedstryd teen Hoërskool Nelspruit:

Gimmies kolf eerste en teken 156 aan in 45 beurte.

  • Marco Jansen 56 lopies

Nelspruit is almal uit vir 129 lopies.

  • Marco Jansen 5.3 beurte, 12 lopies vir 3 paaltjies.
  • Divan Mienie 4 beurte, 17 lopies vir 2 paaltjies.
  • Vernon Charslund 7 beurte, 2 leë boulbeurte, 18 lopies vir 1 paaltjie.

Gimmies wen met 27 lopies

Dag twee:

Wedstryd teen Eldoraigne:

Gimmies boul eerste. Eldoraigne, almal uit vir 142 in die 44e beurt.

  • Vernon Charslund 10 beurte, 34 lopies vir 2 paaltjies.

Gimmies steek die lopies verby met 4 stokke wat plat is.

  • Anton Prinsloo 35 lopies.
  • Francois van Deventer 34 lopies
  • Jooste Fourie 20 lopies.

Gimmies wen met 6 paaltjies.

Dag drie:

Wedstryd teen Parktown Boys High:

Gimmies kolf eerste en teken 196 aan in 46 beurte.

  • Francois van Deventer 36 lopies.
  • Drean van der Bank 32 lopies.
  • Anton Prinsloo 20 lopies.

Parktown is almal uit vir 92 in die 32e beurt.

  • Marco Jansen 5 beurte, 2 leë boulbeurte, 10 lopies vir 3 paaltjies.
  • Vernon Charslund 4 beurte, 1 leë boulbeurt, 7 lopies vir 2 paaltjies.
  • Ian van Wyk 5 beurte, 1 leë boulbeurt, 8 lopies vir 1 paaltjie.

Gimmies wen met 104 lopies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button