Vat vyf Volkies!
Dit was ’n fees van kleure by Hoër Volkskool Potchefstroom toe hulle op Vrydag , 22 Oktober hulle Interhuis Atletiek by die PUK McArthur-stadion aangebied het. Die atlete en leerlinge se gegil en geskree het die atlete aangemoedig soos net hulle kon. Grade is in spanne opgedeel met hulle kleurryke uitrustings wat die Groot 5 …

Dit was ’n fees van kleure by Hoër Volkskool Potchefstroom toe hulle op Vrydag , 22 Oktober hulle Interhuis Atletiek by die PUK McArthur-stadion aangebied het.
Die atlete en leerlinge se gegil en geskree het die atlete aangemoedig soos net hulle kon. Grade is in spanne opgedeel met hulle kleurryke uitrustings wat die Groot 5 simboliseer. Elke graad vorm ‘n span en verskillende klasse kompeteer teen mekaar.
Die Graad 10’s het hierdie jaar geseëvier. Leerders het met engelvlerke, baadjies, pette sowel as geverfde gesigte en gekleurde hare hierdie byeenkoms ekstra woema gegee. Daar was verskeie items gedurende die dag, sommige meer ernstig as ander met Volkies se ware atlete wat hulle klas bewys het.
Een van hierdie items was in die 800m vir o.16 wat Robert de Villiers belaglik ver gewen het en in die proses ’n skitterende nuwe rekord van 2:00.53 opgestel het. Sommige atlete het hy weer verbygevat en dié het hom sommer ook saam met die skare op die pawiljoen aangemoedig.
Altesaam het 11 nuwe rekords tydens die byeenkoms geval. Van hierdie uitblinkers was Jurie Heyns (werpskyf), Luke Pieterse (twee rekords in werpskyf en gewigstoot) sowel as Luhan Coetzee in die 300 meter hekkies onder andere.
Beste junior baanatleet: Simphiwe Motaung
Beste senior baanatleet: Robert de Villiers
Beste junior veldatleet: André Brits
Beste senior veldatleet: Marionique Wentzel
Victrix Ludorum: Cara du Preez (2240 punte op die Absa tabel)
Victor Ludorum: Donovan Botha (2479 punte op die Absa tabel)



















