SportSport

Van Skoolbank na Sportveld: Chané Steyn

Skool: Potchefstroom Gimnasium Ouderdom: 18 Sport: Atletiek en netbal Prestasies: Eerste in 100m hekkies, 100m en 400m vir o.19 dogters by vanjaar se interhoër. Hoe het jou passie vir sport (atletiek) ontwikkel? Ek het besef dat ek van atletiek hou toe ek op laerskool  begin wen. Ek het toe harder begin oefen en in Graad …

Skool: Potchefstroom Gimnasium

Ouderdom: 18

Sport: Atletiek en netbal

Prestasies: Eerste in 100m hekkies, 100m en 400m vir o.19 dogters by vanjaar se interhoër.

Hoe het jou passie vir sport (atletiek) ontwikkel? Ek het besef dat ek van atletiek hou toe ek op laerskool  begin wen. Ek het toe harder begin oefen en in Graad 8 en 9 tot nou was ek die beste in die stad.

Hoe balanseer jy skoolwerk en sport? Ek maak tyd vir albei. Dit is somtyds moeilik, maar ek kom darem by alles uit, al moet ek 10 uur of 11 uur gaan slaap.

Beste advies wat jy al wat jy uit sport gekry het: “Hard work beats talent when talent does not work hard”

Wat sal jy in die wêreld verander as jy kon? Ek sou graag mense liefdevol wil maak dat hulle meer vir mekaar omgee.

Wie is jou rolmodel en wat is jou grootste droom? Danie Botha. Ek geniet sy musiek en ek het al baie by hom geleer. Om vanjaar SA’s toe te gaan en ‘n medalje vir hekkies te kry.

Vier items waarmee jy nooit die huis verlaat nie:  Klere, selfoon, beursie en lip-ice.

Vyf mense wat jy nog sal wil ontmoet? Zac Efron, Selena Gomez, Ian Somerhalder, Jesus en my dubbelganger.

Onverwagse ding wat my jou gebeur het? Toe ek by die atletiek op Valentysdag blomme en briewe van ‘n geheime bewonderaar gekry het.

Hoe moet mense jou onthou? My  positiwiteit.

Burgers of Ribs? Ribs

Gunsteling atletiekbaan? Germiston.

Aflos, hekkies, naellope? Hekkies

Tartan of gras? Tartan

Aksie of komedie? Komedie

Facebook of Instagram? Instagram, al vat dit mal baie data!

Nike of Adidas? Nike

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button