SportSport

Asemrowende Potch bergfietsryers is Afrika kampioene

Die lug was dun, die opdraandes steil en die kompetisie uitdagend, maar Potchefstroom se jong bergfietsryers het Afrika se bestes uitgestof tydens die Afrika Kontinentale Kampioenskappe XCO in Lesotho op Saterdag 2 April. Ryan Conradie (Gimmies) was een van die groot uitblinkers in die uitdagende Lesotho berge by die Afriski vakansieoord en het ‘n eerste …

Die lug was dun, die opdraandes steil en die kompetisie uitdagend, maar Potchefstroom se jong bergfietsryers het Afrika se bestes uitgestof tydens die Afrika Kontinentale Kampioenskappe XCO in Lesotho op Saterdag 2 April.

Ryan Conradie (Gimmies) was een van die groot uitblinkers in die uitdagende Lesotho berge by die Afriski vakansieoord en het ‘n eerste plek in die jeug-afdeling verower.

In hulle SA klere het die Turbo Snails oefengroep, onder leiding van Frans van der Berg, drie top tien plekke behaal met Danielle Strydom (Gimmies) wat ‘n briljante eerste plek in die Junior Meisies-afdeling losgetrap het. Kristen “Nooi”Louw (Volkies) het vierde in dieselfde kategorie geëindig. In die Junior Mans-afdeling was Brandon van der Berg 9de en Pieter du Toit 11de oor die eindstreep. Dit was ‘n absolute wonderlike ervaring vir dié oefengroep gewees, veral vir Danielle wat haar eerste internasionale titel gewen het.

“Ek het nie woorde om te beskryf hoe dit voel om die wenmedalje en- trui te kry nie. Dit is ongelooflik om teen stywe kompetisie en in moeilike omstandighede te kon wen. Ons was ook baie gretig om te sien hoe ons teen die res van Afrika opmeet,” vertel sy.

IMG-20160404-WA0001 IMG-20160404-WA0002

“Ek sou dit nie sonder my pa Jan, my afrigter, Frans van der Berg en my borg, Swiss Cycles kon doen nie. Hulle ondersteuning beide fisies en sielkundig was baie belangrik. My familie en vriende is ook altyd daar vir my. Hierdie ongelooflike prestasie is nou ‘n realiteit,” het sy opgewonde genoem.

Volgens Frans was hierdie wedren een van die uitdagendste wedrenne as gevolg van die hoë lugdruk en min suurstof in die berge.

“Om 3000 meter bo seevlak te ry is nie maklik nie. Die suurstof was bietjie min en ons moes langer voor die tyd voorberei. Ek is wel baie tevrede met die uitslae en prestasies. Dit was fantasties en almal het baie werk ingesit,” noem hy.

“Daar was omtrent tussen 500-600 deelnemers tydens die kampioenskappe. Die vinnigste fietsryers van elke Afrikaland was daar, so ons het geweet dit gaan hard wees. Toe ons fietsryers klaarmaak met sulke goeie plekke, was daar groot vreugde en opgewondenheid,” voeg Frans by.

Hierdie prestasies bewys net weer eens dat Potchefstromers ‘n bergfiets kan ry en nie bang vir steiltes is nie. Hierdie is maar net die begin van nog groot dinge vir bergfietsry in die stad.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button