SportSport

Ysterstryd in Eikestad

Verdediging wen kampioenskappe. Hierdie bekende gesegde is iets wat in die 2016 Varsitybekerfinaal getoets sal word wanneer NWU Pukke op Maandag, 11 April teen Maties op Stellenbosch gaan kragte meet. Pukke gaan in hulle derde agtereenvolgende Varsitybekereindstryd wees met Maties wat hulle eerste een sedert 2013 speel. Albei spanne smag nou na 80 minute van …

Verdediging wen kampioenskappe.

Hierdie bekende gesegde is iets wat in die 2016 Varsitybekerfinaal getoets sal word wanneer NWU Pukke op Maandag, 11 April teen Maties op Stellenbosch gaan kragte meet.

Pukke gaan in hulle derde agtereenvolgende Varsitybekereindstryd wees met Maties wat hulle eerste een sedert 2013 speel.
Albei spanne smag nou na 80 minute van perfekte rugby om die kroon na ‘n lang toernooi te dra.
Pukke, veral omdat hulle die enigste groot rugbyuniversiteit is wat nog nie hulle
hande op die  trofee in Varsitybekergeskiedenis kon lê nie.

Albei spanne het van die giftigste agterlyne in die toernooi met Pukke se Rhyno Smith, Sylvian Mahuza en Lucian Cupido en Maties se Craig Barry, Edwill van der Merwe en Remu Malan wat enige verdediger sal laat spartel. So te meer sal die wenspan die een wees wat hierdie aanvallende vuur met rotsvaste verdediging kan blus. ‘n Mens hoef net te kyk na die halfeindstryde wat beide spanne gewen het. Verseker was die aanval belangrik, maar verdediging het vir UJ en Tuks uitgeput en foute laat ontstaan. Dit is juis met omgekeerde besit waar die negepunt drieë ‘n span veral in ‘n eindstryd kan knak.

Pukke gaan wel weet dat hulle alles moet gee met Hawies Fourie se Maties wat sterker as ooit lyk na ‘n dominerende 49-11 oorwinning teen Tuks. Pukke self kan nie onderskat word nie met hulle 35-7 stromloop teen UJ.
Jonathan Mokuena, NWU Pukke breier, weet dat sy span se verdediging tans goed op dreef is. Hy was ook beïndruk met sy span se wilskrag teen UJ.

“Ek was beïndruk met ons verdediging teen UJ gewees. Die manne was honger om hulle beste te gee. Goeie kondisionering sal belangrik wees in die eindstryd, veral met ons verdediging teen Maties,” sê hy.

Maties se Craig Barry kan kringe om enige verdediging hardloop. Foto's: SASPA.
Maties se Craig Barry kan kringe om enige verdediging hardloop. Foto’s: SASPA.

Volgens hom is Maties wel ‘n perd van ‘n ander kleur, veral op hulle tuisveld, maar kan met ’n goeie strategie verslaan word. “Maties het ‘n baie goeie gebalanseerde span, maar daar is ‘n paar swak plekke wat ons gaan wil uitbuit. Die ingesteldheid waarmee ons in die eindstryd ingaan is belangrik. Die span wat die beste 80 minute nog speel sal die beker vat,” se Mokuena. Maties het vroeër in die Varsitybekerreeks vir Pukke met 56-12 afgeransel, maar toe was sake anders.

uj p 7

 

Geskiedenis bewys dat vorige uitslae min betrekking in ‘n eindstryd het. Die druk is wel meer op Maties om op hulle tuisveld die beker te wen en dit is dalk net iets wat in Pukke se guns tel. Pukke het absoluut niks om te verloor nie.

Dit is nou of nooit vir Mokuena se jong Pukke.

Die wedstryd op die Danie Craven Stadion in Stellenbosch skop om 19:00 af en is regstreeks op SuperSport 1 te sien.

Lees hoe Pukke na die eindstryd deurgedring het

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button