Jonges flink met die gholfstokke
‘n Gholf vakansieprogram is vanaf 29 tot 31 Maart by die Potchefstroom Buiteklub aangebied. Die program was onder die leiding van Liezl Klotz en Reynard Kleynhans, beide PGA afrigters. Seuns en dogters van verskillende ouderdomme en van verskeie skole in Potchefstroom het deelgeneem. Die eerste dag het hulle “skills challenges” gehad waar die spelers se …

‘n Gholf vakansieprogram is vanaf 29 tot 31 Maart by die Potchefstroom Buiteklub aangebied. Die program was onder die leiding van Liezl Klotz en Reynard Kleynhans, beide PGA afrigters. Seuns en dogters van verskillende ouderdomme en van verskeie skole in Potchefstroom het deelgeneem. Die eerste dag het hulle “skills challenges” gehad waar die spelers se kortspel en lang houe getoets is. Dag twee en drie het hulle op die gholfbaan deelgeneem in ‘n I.P.S. formaat-kompetisie.
Die wenners was soos volg:
Seuns – Renier van Rooyen
Dogters – Ingelize Meyer
Juniors – Liam Coetzee
Daly Auto en The Golfshop het die pryse geborg.
Daar word beplan om in die wintervakansie ‘n soortgelyke gholfprogram aan te bied. Belangstellendes kan 072 204 8434 skakel vir meer inligting.



