SportSport

Bownes breek hekkies Wêreldrekord

Potchefstroom se Olimpiese hekkiesatleet en statebondspele gouemedaljewenner, Shaun Bownes, het weer onlangs bewys dat hy op die ouderdom van 45 nog steeds blitsvinnig in die 110 meter hekkies is. Sy wêreldrekord van 14.37 in die mans meesteratletiekkategorie van 45-49 het dit in swart op wit bevestig. Bownes het hierdie rekord op die Pilditch-stadion in Pretoria …

Potchefstroom se Olimpiese hekkiesatleet en statebondspele gouemedaljewenner, Shaun Bownes, het weer onlangs bewys dat hy op die ouderdom van 45 nog steeds blitsvinnig in die 110 meter hekkies is.

Sy wêreldrekord van 14.37 in die mans meesteratletiekkategorie van 45-49 het dit in swart op wit bevestig.

Bownes het hierdie rekord op die Pilditch-stadion in Pretoria behaal tydens die Gauteng-Noord se Meesterskampioenskap.

“Ek is bly en dankbaar en dit is vir my ‘n bonus om die wêreldrekord te kry.

“Ek geniet dit om nog op my ouderdom te kan deelneem en die ander ouens uit te daag,” noem hy.

Bownes spandeer deesdae meer van sy tyd op die baan as atletiekafrigter, maar dit keer hom glad nie om ook saam met sy atlete te hardloop en ‘n meer direkte aanslag te hê nie.

“Dit is lekker om betrokke te bly en ek geniet afrigting ook verskriklik. “Dit is belangrik om daardie passie aan die brand te hou. Meesteratletiek is lekker in daardie sin ook. Daar is kompetisie maar dit is meer ontspanne en ‘n heel ander benadering as topvlak senior atletiek.” Bownes het nou nog drie wedlope oor dié jaar om sy wêreldrekord te probeer verbeter met die SA Meesterskampioenskappe wat op 13 en 14 Mei in Pretoria plaasvind.

Lees hierdie onderhoud wat Potchefstroom Herald met Shaun Bownes verlede jaar gedoen het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button