SportSport

Gimmies o.15 rugbyweek maak ‘n impak

Potchefstroom Gimnasium se jaarlikse o.15 Impak Rugbyweek het weer vanjaar vanaf 29 Maart tot 2 April by Thabela Thabeng en Takwasa aan die oewers van die Vaalrivier in die Vredefortkoepel plaasgevind. “Sover ons kennis strek is daar geen ander wêrelderfenisgebied waar daar rugby gespeel word nie. Dit is ’n voorreg om hier te wees,” het …

Potchefstroom Gimnasium se jaarlikse o.15 Impak Rugbyweek het weer vanjaar vanaf 29 Maart tot 2 April by Thabela Thabeng en Takwasa aan die oewers van die Vaalrivier in die Vredefortkoepel plaasgevind.

“Sover ons kennis strek is daar geen ander wêrelderfenisgebied waar daar rugby gespeel word nie. Dit is ’n voorreg om hier te wees,” het mnr. Koot Booysen, rugbyorganiseerder van Potchefstroom Gimnasium gesê.

Meer as honderd van die land se beste o.15 rugbyspelers vanuit puik rugbyskole het op die velde gespeel.

Potchefstroom Gimnasium, Hoërskool Generaal Hertzog, Hoërskool Hans Moore, Hoërskool Lichtenburg, Hoërskool Standerton, Vereeniging Gimnasium, Bethlehem Voortrekker en Hoërskool Merensky was die agt skole wat deelgeneem het.

“Gebruik jou talente wat jy gekry het, geniet dit en doen jou bes,” het Gimmies se hoof, mnr. Roelof Oosthuizen die rugbyspelers by die opening aangemoedig.

Die manne het reeds met hulle aankoms by die amptelike opening van dié week gereed gelyk vir aksie.

Afrigters en bestuurders was ook in ‘n gemotiveerde luim om te kyk hoe hulle span vanjaar kan kompeteer.

Lumka Gebengana (heelagter) teen Genl Hertzog in die finaal.
Lumka Gebengana (heelagter) teen Genl Hertzog in die finaal.
Kosie Bouwer (flank en kaptein) teen Bethlehem Voortrekker.
Kosie Bouwer (flank en kaptein) teen Bethlehem Voortrekker.

Na goeie rugby en samesyn van die veld af het Generaal Hertzog die bekerfinaal teen die gasheerskool Gimmies met 34-15 gewen.

Die uitslae van die Impak o.15 Rugbyweek was as volg:

Woensdag 30 Maart

  • Genl Hertzog wen Hans Moore 49-0 •Lichtenburg wen Standerton 46-0 •Bethlehem Voortrekker wen Vereeniging Gimnasium 59-0
  • Gimmies wen Merensky 24-0

Donderdag 31 Maart

  • Standerton wen Hans Moore 29-24 •Vereeniging Gimnasium wen Merensky 12-0
  • Genl Hertzog wen Lichtenburg 17-8 •Gimmies wen Bethlehem Voortrekker 22-18

Saterdag 2 Maart

  • Merensky wen Hans Moore 19-5 (plekke 7/8)
  • Bethlehem Voortrekker wen Lichtenburg 6-3 (plekke 3/4)
  • Standerton wen Vereeniging Gimnasium 21-15 (plaatfinaal)
  • Genl Hertzog wen Gimmies 34-15 (bekerfinaal)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button