SportSport

Spoed is die sleutel tot haar sukses

Vergeet van Speedy Gonzalez, want in Potchefstroom is daar net een Speedy en haar naam in Sanet Meiring. Dié kranige muurbalspeler, afrigter en onderwyseres by Hoërskool Ferdinand Postma is welbekend vir haar spoed. Dit bied haar ’n groot voordeel op die muurbalbaan, wat sy die afgelope jaar tot groot sukses gebruik het. Meiring het onlangs …

Vergeet van Speedy Gonzalez, want in Potchefstroom is daar net een Speedy en haar naam in Sanet Meiring.

Dié kranige muurbalspeler, afrigter en onderwyseres by Hoërskool Ferdinand Postma is welbekend vir haar spoed. Dit bied haar ’n groot voordeel op die muurbalbaan, wat sy die afgelope jaar tot groot sukses gebruik het.

Meiring het onlangs Noordwes-kleure vir muurbal verwerf en gaan aan die SA Kampioenskappe deelneem, ’n groot prestasie vir die speler wat ook verlede jaar se Potchefstroom Buiteklub muurbalkampioen was.

“Ek het altyd hokkie gespeel en dit was my groot passie waar ek ook SA kleure gekry het. Ek het ook koshuisliga gespeel en dit was vir my lekker en ek het baie balvaardighede geleer.

“Ses jaar gelede het ek weer begin en met my balvaardighede was dit vir my maklik om te verstaan. Die spel het begin groei op my,” vertel sy.

Meiring het toe besluit om haar spel op te skerp en het by Cara Fourie begin afrigting kry. Sy het by Fourie baie tegniese aspekte geleer en verlede jaar liga as deel van Potchefstroom Buiteklub gespeel.

“Ek het vierde in die laaste Noordwes toernooie geëindig. Ek gaan in Mei na die SACD (South African Country Districts) toernooi toe. My hoofdoel is om aan die World Masters toernooi deel te neem wat September in Suid-Afrika gaan plaasvind.

Op die oomblik is Meiring in Christo Potgieter se oefengroep, waar sy baie aan haar tegniese en taktiese spel werk.

“Ek speel meer toernooie waar top spelers betrokke is en dit help my spel. Dit is lekker om te kan kersvashou by hulle.”

Meiring het ook baie sukses as muurbalafrigter by Ferdies behaal.

“Vir die afgelope twee jaar wen my dogtersspan die liga. Muurbal het baie gegroei by Ferdies,” sê die passievolle afrigter wat haar bynaam op die hokkieveld gekry het.

“Ek was vinnig op die hokkieveld en daar was twee Sanette in die span. So dit het sin gemaak en van daar het die gebly, veral met die dat muurbal so ‘n vinnige sport is.

“Ek hou nooit op om die bal te jaag nie. Ek hardloop vir elke bal.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button