SportSport

Gimmies wen meeste Classic Clash wedstryde

As daar na die algehele rapport van die 2016 FNB Classic Clash gekyk word, kan daar met duidelikheid vasgestel word dat Gimmies die meeste oorwinnings behaal het. Gimmies wen 18 wedstryde, Volkies wen 12 en vier eindig gelykop. In die rugby oorheers Volkies en verloor slegs twee wedstryde. Gimmies oorheers weer eens die hokkie en …

As daar na die algehele rapport van die 2016 FNB Classic Clash gekyk word, kan daar met duidelikheid vasgestel word dat Gimmies die meeste oorwinnings behaal het.

Gimmies wen 18 wedstryde, Volkies wen 12 en vier eindig gelykop. In die rugby oorheers Volkies en verloor slegs twee wedstryde. Gimmies oorheers weer eens die hokkie en wen al hulle wedstryde oortuigend, met slegs die een gelykopuitslag. Die eerste seunshokkiespan wen 8-1 as voorbeeld hiervan met kaptein Pierre Botma wat ’n briljante vier doele aanteken vir Gimmies. Sodoende wen hulle ook vanjaar die Noordwestrofee.

Gimmies se eerste meisieshokkiespan wen ook maar net met 1-0, al kon hulle dalk met twee of drie doele gewen het. Micaela Groenewald het die enigste doel aangeteken.

Volkies se netbalspanne het ook ’n baie goeie naweek beleef met hulle eerstespan wat ’n uitstekende en welverdiende 27-24 oorwinning behaal. Die trane van blydskap het behoorlik gevloei vir die dogters wat goed deur hulle kaptein Nine Brits en afrigter Irene Seymore gelei is. Gimmies se Carla Kock, Jone Kruger en Chané Steyn het hulle beste gedoen, maar kon nie ’n Volkie-wen keer nie. Volkies se staatmakers was Caitlynn Rousseau en Melindi Delport wat die punte ingesamel het.

Volledige uitslae:

Netbal

  • 1ste Volkies wen 27-24 •2de Volkies wen 27-15. •3de Gimmies wen 28-9 •o.17A Gimmies wen 27-13. •o.16A Volkies wen 23-17 •o.16B Gimmies wen 28-11 •o.16C gelykop 12-12 •o.15A Volkies wen 25-16 •o.15B gelykop 20-20 •o.15C Gimmies wen 15-10 •o.14A Gimmies wen 25-16 •o.14B Gimmies wen 12-8 •o.14C Volkies wen 10-7

Dogtershokkie

  • 1ste Gimmies wen 1-0 •2de gelykop 1-1 •3de Gimmies wen 5-0 •o.16A Gimmies wen 3-0 •o.16B Gimmies wen 1-0 •o.15A Gimmies wen 4-1 •o.15B Gimmies wen 1-0 •o.14A Gimmies wen 3-0 •o.14B Gimmies wen 2-0

Seunshokkie

  • 1ste Gimmies wen 8-1 •o.16A Gimmies wen 7-0

Rugby

  • 1ste Volkies wen 18-17 •2de Volkies wen 32-19 •3de Volkies wen 11-10 •4de Volkies wen 36-12 •o.16A Volkies wen 17-14 •o.16B gelykop 21-21 •o.15A Volkies wen 38-12 •o.15B Volkies wen 54-0 •o.14A Gimmies wen 39-0 •o.14B Gimmies wen 20-17

Lees meer oor al die wedstryde hier:

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/15838/volkies-breek-gimmies-se-houvas-met-18-17-classic-clash-oorwinning/

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/15758/botma-se-vierkuns-lei-gimmies-na-indrukwekkende-hokkiesege-in-classic-clash/

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/15836/gimmies-se-hokkiedogters-kry-oorhand-teen-volkies/

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/15748/volkies-klop-gimmies-in-rillernetbalstryd/

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button