Luiperds soek oorwinning teen Vrystaat in Bloem
Na die Luiperds verlede naweek die loslootjie in die Provinsiale liga gehad het, speel hulle Vrydagmiddag in Bloemfontein teen die Vrystaat Vyftiental, soos wat die span in die liga bekendstaan. Na verlede week se wedstryde lyk die prentjie vir die kwalifiseerders so: Griekwas 41, Pumas 31, Boland 30, Griffons 25 en die Luiperds in die …
Na die Luiperds verlede naweek die loslootjie in die Provinsiale liga gehad het, speel hulle Vrydagmiddag in Bloemfontein teen die Vrystaat Vyftiental, soos wat die span in die liga bekendstaan.
Na verlede week se wedstryde lyk die prentjie vir die kwalifiseerders so: Griekwas 41, Pumas 31, Boland 30, Griffons 25 en die Luiperds in die vyfde plek met 23 punte na 8 wedstryde.
Jaco Hayward is in die beginspan ingesluit saam met die linkervleuel, Lucian Cupido, wat ’n goeie Varsitybekertoernooi vir die Pukke vroeër vanjaar gehad het.
Daar is nou, volgens Beeld, ‘n moontlikheid dat die huidige Luiperd-afrigter, Jonathan Mokuena, die volgende BabaBokkies afrigter gaan word na Dawie Theron reeds ‘n aanstelling by ‘n klub in Japan aanvaar het en na die huidige wêreldkampioenskap daar gaan inval.
Daar kon geen bevestiging of ontkenning van die gerug verkry word nie. Dis dalk bietjie vroeg in die afrigtingsloopbaan van Mokuena om nou reeds op diè vlak te gaan afrig. Al sukses wat hy behaal het is die wen van die Varsitybeker.
Luiperds teen Vrystaat XV
Rhyno Smith; Jaco Hayward, Juffrou Vermeulen, Henko Marais, Lucian Cupido; Benhard Janse van Rensburg, Malherbe Swart; Jeandré Rudolph (kaptein), Marno Redelinghuys, Jaco Jordaan, Walt Steenkamp, Francois Robertse, Lucky Ngcamu, Wilmar Arnoldi, Mash Mafela. Reserwes: Dane van der Westhuizen, Roan Grobbelaar, Stairs Mhlongo, HP Swart, Chriswill September, Bradley Moolman, Gene Willemse.



