SportSport

Potch Dorp sit vir Fochville ore aan

Potch Dorp Rugbyklub se goeie seisoen in die Neserliga het verlede Saterdag, 11 Junie voortgeduur toe hulle beide eerste en tweede spanne vir Fochville ore aangesit het. Die eerstespan het met 24-5 geseëvier, terwyl die tweedes ‘n 38-10 pakslae uitgedeel het. In die eerstespan wedstryd was dit Ferro van Greunen en Albert Griessel wat ongelooflike …

Potch Dorp Rugbyklub se goeie seisoen in die Neserliga het verlede Saterdag, 11 Junie voortgeduur toe hulle beide eerste en tweede spanne vir Fochville ore aangesit het.

Die eerstespan het met 24-5 geseëvier, terwyl die tweedes ‘n 38-10 pakslae uitgedeel het.

In die eerstespan wedstryd was dit Ferro van Greunen en Albert Griessel wat ongelooflike goeie wedstryde gehad het. Dorp se kaptein, Ruveix de Bruyn, Van Greunen, Erhard de Villiers en Doynton Berry druk drieë vir Dorp. Wian Benade sit twee doelskoppe oor om glans aan die telkaart te gee.

Potch Dorp se fiksheid was juis beter as Fochville s’n en baie kan aan League voorgeskryf word wat die spelers in die “af-seisoen” speel.

Die tweedespan het danksy drieë van Henki Burger (2), Armand du Preez (2), kaptein Luan Kruger en Botha van der Schyff gemaklik teen Fochville geseëvier.

Burger, Hendro du Preez en Lorenzo Malgas was vir vyf van die doelskoppe verantwoordelik.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button