Potchefstroom A vat sesde titel
Die finale rondte van die Noordwes Gholfunie se Nul Voorgee-liga het Saterdag , 11 Junie op Rustenburg plaasgevind. Potchefstroom A, die voorlopers op daardie stadium in die liga, het teen Lichtenburg en Mooinooi gespeel. Potchefstroom het beide wedstryde gewen en daardeur ook die liga. Dit is die sesde jaar in ‘n ry wat die klub …

Die finale rondte van die Noordwes Gholfunie se Nul Voorgee-liga het Saterdag , 11 Junie op Rustenburg plaasgevind. Potchefstroom A, die voorlopers op daardie stadium in die liga, het teen Lichtenburg en Mooinooi gespeel.
Potchefstroom het beide wedstryde gewen en daardeur ook die liga. Dit is die sesde jaar in ‘n ry wat die klub die liga wen en hulle sal nou die Noordwes Gholfunie verteenwoordig in die Noordelike Provinsies se Gross-liga finale in Ekurhuleni.
Potchefstroom B het teen Klerksdorp A en Orkney te staan gekom. Klerksdorp A het beide wedstryde gewen, terwyl Potchefstroom B met Orkney afgereken het. Klerksdorp A het tweede in die liga geëindig en Potchefstroom B derde. Die finale stand in die liga was
- Potchefstroom A: 16 punte, 73 wedstryd punte
- Klerksdorp A: 12 punte, 64 wedstryd punte
- Potchefstroom B: 10 punte, 55.5 wedstryd punte
- Rustenburg A: 9 punte, 50.5 wedstryd punte
- Mooinooi: 9 punte, 44 wedstryd punte
- Rustenburg B: 5 punte, 35.5 wedstryd punte
- Orkney: 5 punte, 34.5 wedstryd punte
- Klerksdorp B: 4 punte, 43 wedstryd punte
- Lichtenburg: 2 punte, 32 wedstryd punte.



