SportSport

Kiewiet en Christo kookwater vanaf Belmont

Tydens week drie se wedvlug vanaf Belmont, was die duiwemanne van Potchefstroom se duifies blitsig en is al die wedvlugte in die dorp met ‘n gemiddelde wenspoed van vinniger as 96 km/h gewen oor ‘n afstand van 400 km! Dit was veral by P.P.K. (Potch posduifklub) waar daar die week ‘n baie interessante verskynsel voorgekom …

Tydens week drie se wedvlug vanaf Belmont, was die duiwemanne van Potchefstroom se duifies blitsig en is al die wedvlugte in die dorp met ‘n gemiddelde wenspoed van vinniger as 96 km/h gewen oor ‘n afstand van 400 km!

Dit was veral by P.P.K. (Potch posduifklub) waar daar die week ‘n baie interessante verskynsel voorgekom het, deurdat die “voorvlieërs” in groepies van 2 of 3 by hulle hokke gearriveer het. By die jaaroud afdeling is dit die “duiweghoeroe” Chris Stemmet wat ‘n  welkome terugkeer maak met ‘n wen en ‘n tweede plek.

Oud-skoolhoof Faan de Beer verower ‘n derde en vierde plek en Kiewiet Marais plekke vyf en ses. In die ope afdeling vat Marais egter nie nonsens nie en vlieg sy duifies skitterend om plekke 1,2 en 3 te verower. Sarel Naudé jaag hom met plekke 4, 5 en 6. Salty en Lettie eindig hier sewende en agtste.

Die duifies wat so saam huis toe gekom het, het die manne wat die punte jaag, baie gehelp. Die tendens het egter nie by M.R.K. voorgekom nie. By Mooirivier resiesduifklub is dit oud-hooflanddros Des Humpel se beurt om te wen in die jaaroud afdeling. Arrie Marais eindig 27 sekondes na Humpel en verower ook die vierde plek.

Riaan Grobler, oud-Klerksdorper, eindig hier derde en vyfde. In die ope afdeling is dit Johan van Wyk se beurt om vir ‘n slag te wen en reken hy hier met Grobler af, asook die pa en seun kombinasie van Johan (3de) en Stefan Siebert in die vierde plekke. Humpel wys hier “vere” vir die ander manne in M.R.K. met sy vyfde plek.

Die Jaaroud punte van die eerste vyf manne in beide klubs lyk soos volg: P.P.K. 1. Kiewiet en Christo 457, 2. Chris Stemmet 326, 3. Rooikraal hokke 295, 4. Faan de Beer 275 en vyfde Saltie en Lettie 267. M.R.K. 1.Fanie en Louise 184, 2. Arrie en Tienie 175, 3. Arrie Marais 163, 4. Johan van Wyk 158 en vyfde Johan Schlebusch 157. Die verrassingspakkie van die seisoen sover is verseker Fanie en Louise wat hier voorloop.

In die ope afdeling by M.R.K. is dit Humpel met sy 257 wat sewe punte voor uniekampioen van 2016, Johan Schlebusch is. Marais is derde met 162, Willem Moolman vierde met 152 en Johan van Wyk vyfde met 112. By P.P.K. vlieg Kiewiet en Christo gemaklik voor met 457. Stemmet is na ‘n baie goeie week tweede met 326. Voorsitter Roelf van Aswegen van Rooikraal hokke wys deur ‘n goeie gemiddeld te handhaaf kan jy altyd saampraat met die punte met sy 295, sonder dat hy onder die eerste vyf plekke hoef te eindig weekliks.

De Beer is vierde met 275 en Salty en Lettie vyfde met 267.

Algeheel lyk die eerste drie plekke soos volg: P.P.K. 1ste Kiewiet en Christo 982, 2de Saltie en Lettie 738 en 3de Sarel Naudé 642. M.R.K. 1ste Schlebusch 407, 2de Des Humpel 400 en 3de Arrie Marais 325.

Week 4 se wedvlug gaan plaasvind vanaf Douglas wat 424km vanaf Potchefstroom is.  “Veilig vlieg ou kleintjie”!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button