Die Wilge verower Noordvaaltrofee vir eerste keer in 21 jaar na onoorwonne seisoen
Vir die eerste keer in 21 jaar is Hoërskool Die Wilge die gesogte Noordvaalwenners in die LSOB-liga vir voobereidingskole na ‘n onoorwonne seisoen waar hulle al hulle teenstanders laat les opsê het. In die eindstryd teen Hoërskool Jim van Tonder wat in Bethal plaasgevind het, het Die Wilge met 40-27 die beker met groot vreugde …

Vir die eerste keer in 21 jaar is Hoërskool Die Wilge die gesogte Noordvaalwenners in die LSOB-liga vir voobereidingskole na ‘n onoorwonne seisoen waar hulle al hulle teenstanders laat les opsê het.
In die eindstryd teen Hoërskool Jim van Tonder wat in Bethal plaasgevind het, het Die Wilge met 40-27 die beker met groot vreugde gelig. Die oorwinning is behaal danksy ‘n uitstekende spanpoging op die dag waar Xavier Hermans ‘n speler van die dag- vertoning gelewer het.
Driëe van Letlhogonolo Sacqaka, Masibe Mokoena, Brandon Booysen, Moeletsi Thupagae en Hermans was deurslaggewend gewees. Mokoena het ook vier drieë verdoel met sy berekende skopvoet.
“Om hierdie beker te wen gebeur nie elke dag nie. Ons is ongelooflik trots met die hart en positiwiteit wat die spelers gewys het. Toe ons 10-0 agter was in die eindstryd, het ons span nie opgegee nie en aanhou bly veg,” vertel afrigters, Wikus Geyer en Pieter Meyer trots.
“Hierdie groepie seuns speel al drie jaar lank saam en baie van hulle kon in die begin nie rugby speel nie. Die ontwikkeling wat hulle getoon het tot nou toe, is briljant. Uit ‘n pure ontwikkelingsoogpunt is hierdie ‘n groot suksesverhaal,” meen Roelf Prinsloo, Die Wilge se rugbyorganiseerder. “Die ouens se deursettingsvermoë was fantasties en ons het bewys dat ons dit kan doen. Om tien spelers in die Luiperdsgroep te hê is wonderlik en wys dat ons harde werk vrugte afwerp,” sê die waarnemende hoof, mnr. Attie Rudd. Die Wilge wil graag Afrox, Wohnen, Wanted Clothing en Die Koöperasie bedank vir hulle bydrae en borgskap vanjaar. Die Luiperds HUB, Andries de Kock en Eugene Fourie het ook die span moed kom inpraat voor hulle eindstryd.
Die Wilge se uitslae vanjaar:
Teen Goudwes 39-0
Teen Boitoka 37-0
Teen Promosa o.19’s 7-5.
Teen Olympia Park (Springs) 5-0
Teen Keurhof (Klerksdorp) 35-13
Teen Oom Paul (Rustenburg) 20-0
Teen Keurhof 24-20
Teen Oom Paul 42-0
Semi-finaal: Teen Kwaggasrand (Pretoria) 19-0
Finaal: Teen Jim van Tonder (Bethal) 40-27
Die Wilge se Eerstespan is:
Brandon Booysen, Thabang Mofokeng, Kabelo Nale, Johannes Mohlaone, Josiah Setsetse, Michael Mofokeng, Itumeleng Koza, Letlhogonolo Sacqaka, Lucian Fitsmorris, Masibe Mokoena, Neo Setlodi, KgotsoBogatswe, Moeletsi Thupagae, Kagiso Matsheka, Xavier Hermans, Ronaldo Olifant, Matsose Monnoe, Mpho Hlole, Omphile Sybok, Reamogetse Olibile, Reino Meintjies, Johnny Agullas, Simiel Martin, en Olebogeng Seelamo. Afrigters: Wikus Geyer en Pieter Meyer. Rugbyorganiseerder: Roelf Prinsloo.
Foto’s:























