SportSport

Marais vlieg manne aan flarde!

Kiewiet en Christo hokke van Potchefstroom Posduifklub het in die wedvlug vanaf Douglas oor ‘n afstand van 414 km die perfekte “full house” behaal. Hierdie waarnemer het liries geraak in week een met Saltie en Lettie se plekke 1,3,4,5,6. Kiewiet Marais en sy regterhand Christo Snyman behaal die keer egter die droomprestasie met plekke 1,2,3,4 …

Kiewiet en Christo hokke van Potchefstroom Posduifklub het in die wedvlug vanaf Douglas oor ‘n afstand van 414 km die perfekte “full house” behaal. Hierdie waarnemer het liries geraak in week een met Saltie en Lettie se plekke 1,3,4,5,6.

Kiewiet Marais en sy regterhand Christo Snyman behaal die keer egter die droomprestasie met plekke 1,2,3,4 en 5 in die ope wedvlug. Wat hierdie prestasie soveel meer spesiaal maak, is die feit dat al vyf die duifies binne vyf sekondes geklok word.

In die jaaroudwedvlug behaal klubvoorsitter Roelf van Aswegen van Rooikraal hokke sy eerste welverdiende wen van die seisoen en algehele tweede plek. Marais eindig hier derde en Faan de Beer vierde en vyfde. In die jaaroud punte is Kiewiet en Christo voor met 579, Rooikraal hokke is tweede met 505 en De Beer derde met 369. In die ope punte is Marais ook voor met 789, Saltie en Lettie tweede met 607 en Sarel Naude derde met 479.

Algehele punte: 1ste Marais 1368, 2de Saltie en Lettie 958 en 3de Naude 817. By M.R.K. het die unie- en klubkampioen van 2015, Johan Schlebusch, gewys hy hoef glad nie terug testaan vir sy eweknie by P.P.K. nie! In die jaaroud wedvlug eindig hy in plekke 2-5!

Die eerste plek behoort egter aan Fanie en Louise. Schlebusch verower in die opevlug plekke een en twee, Suidwester Willem Moolman drie en vier en Oom Theo Mienie vyfde. In die punte “vlieg” Schlebusch gemaklik voor in al drie afdelings: Jaaroud 309, opeafdeling 421 en algeheel 730. In die jaaroud kompetisie is Fanie en Louise in die tweede plek met Arrie en Tienie derde. By die opes is Des Humpel tweede met 275 en Moolman derde met 430.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button