SportSport

Mooirivier rugby lewer vyf wenners in Noordwesfinale op

Die Noordwes se beste laerskool rugbyspanne het hulle talent en jong ywer op die grasgroen Olënparkvelde op Jeugdag,16 Junie in die Luiperds Noordwesfinale gewys. Daar was oorgenoeg bravade en skouspel om te aanskou met harde plettervatte, ’n fopaangee of twee sowel as sierlike duike oor die drielyn – tot ‘n groot gejuig van ouers en …

Die Noordwes se beste laerskool rugbyspanne het hulle talent en jong ywer op die grasgroen Olënparkvelde op Jeugdag,16 Junie in die Luiperds Noordwesfinale gewys. Daar was oorgenoeg bravade en skouspel om te aanskou met harde plettervatte, ’n fopaangee of twee sowel as sierlike duike oor die drielyn – tot ‘n groot gejuig van ouers en spanmaats. Laerskool Mooirivier was die uitstaande Potchefstroomse skool wat vyf Noordweswenners, sowel as een naaswenner opgelewer het.

Uitslae van Potchefstroom skole wat in eindstryde gespeel het:

o.9B Mooirivier wen Genl Hendrik Schoeman 20-5

o.10A Mooirivier wen ML Fick 26-0

o.11A Genl Hendrik Schoeman wen Mooirivier 10-7

o.11B: Mooirivier wen Baillie Park 32-0 0.13A: Baillie Park verloor teen Saamtrek 55-0 o.13B: Mooirivier wen Generaal Hendrik Schoeman 10-3

o.13C: Mooirivier wen Genl Hendrik Schoeman 18-5

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button