SportSport

Warren Whiteley: Van Pukke 0.20 C-span na Springbok Agtsteman

Die Springbokke speel Saterdag, 25 Junie (vandag) in die beslissende derde toets teen Ierland in Port Elizabeth met ‘n voormalige Puk o.20 C-span speler in sy geledere. Glo dit of nie, hierdie is niemand anders as die uitstekende agststeman, Warren Whiteley, wat die afgelope paar jaar as Leeuskaptein groot naam maak. Whiteley het in sy …

Die Springbokke speel Saterdag, 25 Junie (vandag) in die beslissende derde toets teen Ierland in Port Elizabeth met ‘n voormalige Puk o.20 C-span speler in sy geledere.

Glo dit of nie, hierdie is niemand anders as die uitstekende agststeman, Warren Whiteley, wat die afgelope paar jaar as Leeuskaptein groot naam maak.

Whiteley het in sy jonger studentedae Grafiese Ontwerp studeer voordat hy uiteindelik sy kans by die Haaie Akademie in Durban gekry het. Op daardie stadium moes Warren ‘n besluit maak of hy op sy rugby of studies gaan konsentreer. Hy het danksy ‘n klein kontrak op eersgenoemde gefokus en die res is nou geskiedenis.

Die voormalige Haaiafrigter, Dick Muir het sy potensiaal raakgesien en hom na die Leeus opgetrek en nou pronk hy Saterdag in die Springbok nommer agt trui.

‘n Trui wat soveel ander voor hom legendariese status die afgelope 20 jaar gegee het. Ouens soos Mark Andrews, Bob Skinstad, Gary Teichmann en André Vos om ‘n paar staatmakers in die posisie te noem.

Die huidige Springbok hulpafrigter, Matt Proudfoot, het ook konneksies in Potchefstroom en was NWU Pukke se afrigter in 2008 toe hulle die Nasionale Kampioenskappe ingepalm het. Proudfoot is ook ‘n ou Potchefstroom Boys High leerling.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button