SportSport

Van Skoolbank na Sportveld: Pierre Botma

Pierre Botma, ‘n matriekleerder van Potchefstroom Gimnasium lewe vir sy hokkie en ‘n mens kan dit dadelik agterkom. Pierre speel al hokkie van graad 2 af en sal in Junie aan sy 10de interprovinsiale toernooi in Bloemfontein vir die Noordwesspan deelneem. Hier is hy ook die kaptein van die span vanjaar. Hy is ook verlede …

Pierre Botma, ‘n matriekleerder van Potchefstroom Gimnasium lewe vir sy hokkie en ‘n mens kan dit dadelik agterkom. Pierre speel al hokkie van graad 2 af en sal in Junie aan sy 10de interprovinsiale toernooi in Bloemfontein vir die Noordwesspan deelneem. Hier is hy ook die kaptein van die span vanjaar. Hy is ook verlede jaar (toe hy nog o.17 was) vir die Noordwes Interprovinsiale o.21 span gekies. Hy speel dan ook hierdie jaar (matriek) reeds vir Pukke 1 hokkie en het dié jaar ook op 18-jarige ouderdom vir die mans interprovinsiale toernooi gekwalifiseer waar hy in Mei in Randburg gespeel het. Potchefstroom Herald het meer oor hierdie hokkiepresteerder gaan uitvind.

Skool: Potchefstroom Gimnasium

Ouderdom: 18

Sport: Hokkie

Beste prestasies: Senior Mans Pukkespan, o.21 Noordwesspan en SA ontwikkelingspan toe ek in graad 7 was.

Hoogtepunt van die jaar (seisoen)? Om vir die PUK se eerstespan te speel. Die intensiteit is soveel meer as op skool, maar dit is ’n goeie ervaring en ek raak gewoond daaraan na die eerste aanpassing.

Lewenslesse wat jy uit sport geleer het? Om nooit op te gee nie en altyd hard te werk.

Hoe balanseer jy skoolwerk en sport? My ma het my baie daarmee gehelp hierdie jaar. Ek moet maar alles inpas en laat aande werk tussen al die hokkie oefening.

Posisies: Vir die skool en skoolspan speel ek skakel en forward. As skakel moet ek top-fiks wees omdat jy beide verdedig en aanval (baie hardloop) en geleenthede aan die gang sit.

Wat maak Potchefstroom uniek en waar jou gunsteling plek in die stad? Daar is ’n lekker atmosfeer in die stad. Almal weet van mekaar en dit is nie te klein of te groot nie.

Vyf items wat jy op ’n verlate eiland wil saamneem? Bybel, foon om musiek te luister, enige bal, gemorskos (lekkers en chips) en water om te drink.

Vyf mense wat jy nog sal wil ontmoet? Jamie Dwyer, Kanye West, Chris Brown, Drake en Justin Reidross.

Drie dinge wat jou irriteer? Om geduldig te wees, skynheilige mense en as mense sarkasties met my is (al is ek sarkasties met mense).

Drie dinge wat maak jou gelukkig maak? Sport, musiek, slaap en kos.

Beste doel? Verlede jaar teen Ferdies toe ek 10 cm van die eindlyn af die bal in die hok op daardie hoek ingeskiet het.

Rolmodelle? Killian Ludick en my pa, maar ek het baie ander hokkieverwante rolmodelle ook.

Eerste hokkiestok? ’n Grays Houtstok.

Gunsteling hokkiestok? ’n Gryphon (en hulle borg my so ek moet dit ook noem).

Gunsteling musiek/liedjie? Drake se “One Dance”.

Burgers of Ribs? Ribs

Rock of Pop? Geeneen van hulle nie, ek hou van Deep House, dit is lekker musiek om na te luister en dit motiveer jou ook voor ’n wedstryd.

Top drie gunsteling flieks? Happy Gilmour, The Conjuring en Top Gun.

Facebook of Instagram? Instagram.

Batman of Superman? Batman.

Olimpiese Spele of Wêreldbeker? Dis ’n moeilike een! Olimpiese Spele.

Gunsteling spelers? Jamie Dwyer en Justin Reid-Ross

Toekomsplanne? Sal graag vir SA wil speel en as dit nie gebeur nie sal ek oorsee in die Europese ligas wil speel

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button