Potch buurte in ‘Game of Thrones’
Die treffer televisie reeks 'Game of Thrones' het baie mense aan die praat, met omtrent 10 miljoen kykers elke week is dit een van die grootste reekse op televisie.

Die treffer televisie reeks ‘Game of Thrones’ het baie mense aan die praat, met omtrent 10 miljoen kykers elke week is dit een van die grootste reekse op televisie.
Hoe sou ‘Westeros’ (die wêreld van Game of Thrones) lyk as dit in Potchefstroom afgespeel het?
Sentraal Potchefstroom – ‘Crownlands’
In ‘Game of Thrones’ is die Crownlands waar die hoofstad van ‘Westeros’ (King’s Landing) gesetel is. In Potchefstroom is dit waar die Munisipaliteit is. Hier word daar ook konstant baklei oor wie in beheer moet wees van die dorp. Daar is ‘n konstante rugstekery tog is dit gewoonlik net die gewone man op straat wat onder die bakleiery ly.
Mooivalleipark-The Reach
Soos in ‘The Reach’ is mense wat in Mooivalleipark bly oor die algemeen meer wel af as die res van die dorp. Groot huise en hoë mure. ‘Hoe weet jy iemand bly in Mooivalleipark?’ ‘Hulle sê vir jou.’
Die familie wat ‘The Reach’ regeer word gesien as ‘nouveau nobility’ Die geld wat in Mooivalleipark is, is ook sogenaamd nuwe geld.
Vanderhoffpark en Grimbeeckpark-The Westerlands
Westerlands in Game of thrones, is saam met The Reach die rykste area van Westeros. Net so is Vanderhoffpark en Grimbeeckpark ‘n meer gegoede deel van die dorp. Dit is waar die dorp se ou-geld mense bly. Die Lannisters is ook een van die oudste families in Game of Thrones.
Bailliepark- Riverlands
Met al die pype wat gebars het in Bailliepark voel dit dalk vir inwoners asof hulle teen ‘n rivier bly. Soos die naam sê is die ‘Riverlands’ in ‘Game of Thrones’ vol riviere.
Bult-Oldtown
‘Oldtown’ is die tuiste van die ‘Citadel’ waar jong mense opgelei word om ‘maesters’ te word. Die Bult is die tuiste van die NWU-Potchefstroom kampus wat ook jong mense oplei. Alhoewel beide plekke geken is vir die opleiding wat gegee word. Is albei plekke ook geken vir al die drinkplekke waar jongmense uithang wat besig is om opgelei te word.
Suiddorp-The North
Suiddorp staan algemeen bekend as die onderdorp. Hier is nie soveel geld soos in ander dele van die dorp nie. Die mense wat hier bly is oor die algemeen rof maar tog goeie mense. Die ‘North’ maak die grootste gedeelte op van Westeros net soos Suiddorp die grootste area van die dorp opmaak.
Miederpark-The Vale
Alhoewel Miederpark eintlik ook in die Suiddorp is wil mense wat hier bly dit nie erken nie. Soos die ‘Vale’ van ‘Game of Thrones’ isoleer hulle, hulleself van die res van die dorp. In ‘Game of Thrones’ is die ‘Vale’ omring deur berge.
Dassierand-Beyond the wall
Dassierand, staan bekend as die wilde weste van Potchefstroom, die mense hier is baie wilder as die res van die dorp. In ‘Game of Thrones’ word mense wat van ‘Beyond the Wall’ afkom ‘Wildlings’ genoem.



