Puk atlete druk stempel af by Afrika-kampioenskappe
Die seëvierende SA-span het pas van die CAA Afrika-kampioenskap teruggekeer, waar hulle ‘n uitstekende totaal van 33 medaljes verower het. Die kampioenskap het vanaf 22 tot 26 Junie in Durban plaasgevind. Die atlete van die NWU-Pukke Atletiekklub was ook van die uitstaande presteerders gedurende hierdie kampioenskappe. Caster Semenya het oudergewoonte weer uitgeblink. Die uitslae van …

Die seëvierende SA-span het pas van die CAA Afrika-kampioenskap teruggekeer, waar hulle ‘n uitstekende totaal van 33 medaljes verower het.
Die kampioenskap het vanaf 22 tot 26 Junie in Durban plaasgevind.
Die atlete van die NWU-Pukke Atletiekklub was ook van die uitstaande presteerders gedurende hierdie kampioenskappe. Caster Semenya het oudergewoonte weer uitgeblink.
Die uitslae van die Puk-atlete is as volg:
* Caster Semenya: Goud 800m 1:58.20. Kwalifiseer vir Olimpiese Spele. Goud 1500m 4:01.99. Kwalifiseer vir Olimpiese Spele en behaal ook ’n byeenkomsrekord. Behaal ook Goud in die 4x400m aflos.
* Sunette Viljoen: Goud spiesgooi 64.08m. Kwalifiseer vir Olimpiese Spele
* Jo-Ané van Dyk: Silwer spiesgooi 56.22m persoonlike beste
* Tshepang Makhete: Brons hamergooi 65.54m
* Megan Wilke: 6e spiesgooi 50.90m
* Rantso Mokopane: 7e 3000m hindernis 8:35.02
* Julia du Plessis: 8e hoogspring 1.73m
* Bianca Erwee: Sewekamp. Doen besering op en voltooi nie die kompetisie nie
* Willem Coertzen: Tienkamp. Doen besering op en voltooi nie die kompetisie nie. Coertzen het na nege items voorgeloop en was amper verseker van ’n uitstekende oorwinning.
* Stefanie Greyling: Hamergooi. Kon geen geldige poging behaal nie en eindig laaste. Die oud-Puk, Elroy Gelant het die silwermedalje in die 5000m met ‘n tyd van 13:15.13 verower.



