SportSport

NG Potch-Noord hou weer opwindende gholfdae

Gholfspelers word uitgenooi om deel te wees van twee unieke gholfdae wat volgende week deur die NG Potch-Noord-gemeente gehou word. Op Maandag, 25 Julie vanaf 14:15 kry alle skoliere in die stad die kans om deel te neem aan The Junior North Classic-gholfdag oor nege putjies. Dit is ‘n IPS formaat. Inskrywings beloop net R80 …

Gholfspelers word uitgenooi om deel te wees van twee unieke gholfdae wat volgende week deur die NG Potch-Noord-gemeente gehou word.
Op Maandag, 25 Julie vanaf 14:15 kry alle skoliere in die stad die kans om deel te neem aan The Junior North Classic-gholfdag oor nege putjies. Dit is ‘n IPS formaat. Inskrywings beloop net R80 per speler en elke speler wen ‘n prys. Almal se naam is ook in die poel vir ‘n trekking, waar een gholfspeler gaan wegstap met ‘n splinternuwe Giant bergfiets.
Op Vrydag, 29 Julie vind die North Classic-Borgdag plaas met ‘n IPS Beterbal-kompetisie en dit begin met ‘n Shotgun-Start om 11:00. Dit beloop slegs R1 400 per vierbal en besighede kan ook putjies borg teen so min as R1 000 per putjie. Hierdie Borgdag word onder meer aangebied om klein Minke Weldon, ‘n graad twee-leerling van Laerskool Mooirivier te help met ‘n linkeroor kogleêre oorplanting, sodat sy nie haar gehoor in daardie oor totaal verloor nie. Dus wil hulle na afloop van die Borgdag ook ‘n bydrae maak om dié operasie moontlik te maak.
Skryf in by die Pro Shop by die Potch Buiteklub by 018)297 7875 of kontak ds. Johan Raubenheimer by 082 377 8539 vir enige navrae. Besighede is ook welkom om pryse te borg vir die gholfdag. “Ons gholfdae is oor die afgelope 14 jaar uniek. Elke speler vat altyd ‘n prys huis toe!” se ds. Raubenheimer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button