SportSport

Salty en Lettie wen nagmerrievlug vanaf Groblershoop

Saltie & Lettie hokke van Potchefstroom Posduifklub het in die nagmerrie wedvlug van Groblershoop (558 km) behoorlik kleingeld gemaak van sy mededingers, met ‘n puik wen van meer as 14 minute oor Roelf van Aswegen van Rooikraal hokke. Dié duifie moes vroeg uitgebreek het, want die oorwinning besorg ook ‘n uniewen aan de Villiers. Dit …

Saltie & Lettie hokke van Potchefstroom Posduifklub het in die nagmerrie wedvlug van Groblershoop (558 km) behoorlik kleingeld gemaak van sy mededingers, met ‘n puik wen van meer as 14 minute oor Roelf van Aswegen van Rooikraal hokke. Dié duifie moes vroeg uitgebreek het, want die oorwinning besorg ook ‘n uniewen aan de Villiers. Dit is sy 3de wen van die seisoen by sy ou duiwe.

Dié wedvlug vanaf Groblershoop was verseker ‘n baie moeilike een. By Mooirivier Resieduifklub was die klokke vir jaarouds teen Saterdagaand nog nie vol nie. Slegs 26 van die 100 jonges was terug op hulle rakke. Stefan Siebert het welverdiend sy eerste wen van die seisoen gevlieg in die opevlug. Willem Moolman eindig tweede en die “ou manne” At & Louw, met die harde duiwe derde, vierde en vyfde. Afgetrede hooflanddros Des Humpel vlieg ook sy tweede wen van die seisoen in die jaarouds. Klubkampioen Johan Schlebusch moet dié keer die knie buig met sy tweede plek. Fanie & Louise eindig derde, Oom Theo Mienie vierde en Moolman vyfde.

By P.P.K. maak Kiewiet & Christo weer so, met sy negende wen in week nege in die jongduif wedvlug. Verkeersman Nic Stassen eindig tweede, Eddie Bondesio derde, Kirstenhokke vierde en Rooikraal vyfde. Soos vroeër reeds genoem loop de Villiers met die opeduifvlug se louere weg, asook plek vier. Kirsten hokke eindig tweede, Rooikraal derde en Marais vyfde.

Die eerste drie plekke in al die afdelings lyk soos volg: P.P.K. Jaarouds: 1) Marais 1654, 2) Rooikraal 1110, 3) Sarel Naude. Opeafdeling- 1)Marais 1722, 2) Saltie & Letttie 1133 en 3) Naude 897. Algeheel: 1) Marais 3776, 2) Rooikraal 1871 en 3) Saltie 1850. M.R.K. Jaarouds: 1) Schlebusch 606, 2) Fanie & Louise 524 en 3) Arrie & Tienie 485. Opeafdeling: 1) Schlebusch 831, 2) Moolman 569 en 3) Arrie Marais 569. Algeheel: 1) Schlebusch 1437, 2) Moolman 941 en 3) Marais 937.

In die klubskild-kompetisie waar die kampioenklub van die seisoen bepaal word, het P.P.K (102) sy voorsprong met nog 6 punte gerek na 12 punte voor M.R.K. (90). Westelike Posduifklub in Klerksdorp klou nog aan sy derde plek met 56 punte. Saterdag se wedvlug gaan plaasvind vanaf die pragtige Karoodorpie Britstown, wat luglangs 555km vanaf Potchefstroom is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button