Potch Gooiers tref teiken met uitstekende vertonings
Die Potch Gooiers veerpylklub gooi weer vanjaar in die kol met ’n klompie uitstekende prestasies by vanjaar se SA Veerpylkampioenskappe wat in Bloemfontein vanaf 10-15 Julie plaasgevind het. Lede van die klub het die Matlosana distrik in die toernooi verteenwoordig. Alet Rusch was deel van die Matlosana vrouespan wat goud verwerf het. Leon Rusch het …

Die Potch Gooiers veerpylklub gooi weer vanjaar in die kol met ’n klompie uitstekende prestasies by vanjaar se SA Veerpylkampioenskappe wat in Bloemfontein vanaf 10-15 Julie plaasgevind het.
Lede van die klub het die Matlosana distrik in die toernooi verteenwoordig. Alet Rusch was deel van die Matlosana vrouespan wat goud verwerf het.
Leon Rusch het ook die mansspan verteenwoordig wat sewende geëindig het. Hulle seun, Markus, het ook puik presteer en ’n vierde plek behaal tydens die kampioenskappe.
Hierdie vorm het hom die geleentheid gegee om volgende jaar Oktober in Kobe, Japan vir Suid-Afrika by die Wêreldkampioenskappe te verteenwoordig.
“Ek is baie opgewonde daaroor. Ek glo ek verbeter die heeltyd en sal reg wees vir dit. Dit is ’n groot geleentheid,” sê die 16-jarige Rusch. Dié jong uitblinker is ook die enigste gooier uit Noordwes wat die junior SA span kon haal.
Die Potch Gooier veerpylklub is aksie. Foto’s: Wouter Pienaar












